UNIVERSITEIT STELLENBOSCH
LEES OOK: Universiteit van Vrystaat se proponente en diensleraars
LEES OOK: Universiteit van Pretoria se proponente en diensleraars
Derick Boonzaaier is in 1973 gebore en begin sy beroepslewe as stadsbepanner voor hy later Teologie begin studeer het. Hy verwerf sy BA Teologie in 2005 en
[aesop_image img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2021/12/US-1-Boonzaaier-Derick.jpg” panorama=”off” align=”right” lightbox=”off” captionsrc=”custom” captionposition=”left” revealfx=”off” overlay_revealfx=”off”]
BTh plus Grondtale in 2013 aan US. In 2019 voltooi hy ’n MBA, word gelegitimeer as diensleraar in Maart 2020, en voltooi die MTh Bedieningspraktyk en lisensiaatvereistes einde 2021. Derick is al sedert die vroeë 1990’s in die NG Kerk en elders betrokke in bediening met musiek, prediking, berading, opleiding, kampe, ensovoorts. Vanaf April 2020 dien hy met groot vreugde as leraar by Ottery NG gemeente, met Kenridge NG gemeente se seën. By Kenridge help hy as een van die musiekleiers sedert 2015, en die laaste paar jaar ook met begeleiding van byeenkomste en ’n Bybelskool vir Tygerberg Mediese Kampus, asook met die versorging van seniors tydens Covid. Tydens die pandemie begin hy Care4Carers, ’n nasionale aanlyn trauma beradingsnetwerk om hospitale en personeel te ondersteun, en bestuur daarna die Wes-Kaapse tak van die nie-regeringsorganisasie HospiVision vir ses maande, met fokus op hospitaal-pastoraat en die lei van die veranderingsbestuurproses. Gemeentes waar hy net voor Covid betrokke was met prediking en musiek sluit in Kuilsrivier-De Eike en Brackenfell-Proteahoogte. By Durbanville Moedergemeente lei hy musiek by jeug- en familiedienste (2003-2004), asook aanddiensmusiek en prediking (2010-2012). Tydens 2004-2006 was hy voltyds predikant by Logos-gemeente, met fokus op jeug en musiek. NG Durbanville-Bergsig het hom vir prediking en musiekbediening gekontrakteer van Mei 2007 tot einde 2012 (insluitende vier maande se instaan as prediker vir ds Teyo Smit na sy aftrede). Derick is op die skoolverlaterskampbestuur- en aanbiddingspan, en gaan in 2022 ook betrokke wees by Stellenbosch se eerstejaarskamp. Sy passie is prediking, pastoraat, jongmense, strategiese bestuur, spanbou, en musiek. Hy het ondervinding in alle fasette van bediening, insluitende begrafnisse, huwelike (huweliksbevestiger vanaf 2005), hospitaalbesoeke, siekeversorging, traumaberading, ensovoorts. Buiten stadsbeplanning het hy ook ervaring as besigheidseienaar, projekbestuurder, direkteur, algemene bestuurder, operasionele bestuurder, kliëntediensbestuurder en logistieke bestuurder vir plaaslike en internasionale maatskappye, insluitende plasings in die buiteland. Derick is getroud met Rouche, en is pa van ’n 13-jarige seun sowel as ’n 2½-jarige dogtertjie.
- 082 333 6012
- dbplanning@gmail.com
Mareli Engelbrecht is op 27 Mei 1992 gebore en het in die Noordelike voorstede van Kaapstad grootgeword. Sy het in 2010 aan die Tygerberg Hoërskool
[aesop_image img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2021/12/US-3-Engelbrecht-Mareli3.jpg” panorama=”off” align=”right” lightbox=”off” captionsrc=”custom” captionposition=”left” revealfx=”off” overlay_revealfx=”off”]
gematrikuleer waarna sy vir ’n jaar by die Wes-Kaapse Departement van Onderwys gewerk het. In 2012 begin sy mode-ontwerp studeer aan die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie. Sy behaal in 2014 ’n Nasionale Diploma in mode-ontwerp. In 2016 begin sy BTh aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en skuif in 2017 na die voltydse BDiv-graad. In 2020 behaal sy die MDiv-graad (Ou Testament onder leiding van prof Juliana Claassens) cum laude. Haar minitesis getitel “Acquaintance rape in Jeremiah 13:20-27: Resisting gender-based violence” spreek van haar passie vir inklusiwiteit, gemeenskapswerk en om die volle kanon van die Bybel te benut. Sy doen in 2021 haar gemeentejaar by die NG Gemeente Parowvallei-Oos waar sy in alle aspekte van die bediening diensbaar was. Sy is ’n direkteur by die gemeente se nie-winsgewende organisasie en is veral passievol oor kinder- en jeugwerk. Sy is in ’n vaste verhouding met prop Heinrich Niehaus, en sy is beroepbaar.
- 074 712 2938
- mareli.engel@gmail.com
Stefan Fourie is op 11 Julie 1992 gebore en matrikuleer in 2010 aan die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad. Hy het direk na skool in die sendingveld beland en
[aesop_image img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2021/12/US-2-Fourie-Stefan3.jpg” panorama=”off” align=”right” lightbox=”off” captionsrc=”custom” captionposition=”left” revealfx=”off” overlay_revealfx=”off”]
verskeie lande in die Midde-Ooste, Verre Ooste, sowel as Afrika en Amerika bedien. Stefan hou daarvan om die buitelug te verken en om aktief te wees. Hy het sy MTh by die Universiteit Stellenbosch behaal, met sy skripsie wat gefokus het op aanlyn bediening, aanlyn ruimtes, liturgie, en hoe die Vierde Industriële Revolusie kerkwees beïnvloed.
Stefan dien al vanaf 2016 in NGK Parow-Panorama met familiebediening as sy fokus. Hy is passievol oor mense, het ’n gemaklike persoonlikheid, leer maklik, en is baie aanpasbaar. Hy is ook baie passievol oor die kerk, en hou van vernuwing. Stefan se MTBI persoonlikheidstipe is ESFP.
- 076 608 6405
- stefanfourie0@gmail.com
Micaela Wahl is saam met ’n tweelingsuster gebore op 27 Mei 1996 in Krugersdorp aan die Wes-Rand. Sy het grootgeword in Secunda en sy matrikuleer in 2014
[aesop_image img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2021/12/US-4-Wahl-Micaela2.jpg” panorama=”off” align=”left” lightbox=”off” captionsrc=”custom” captionposition=”left” revealfx=”off” overlay_revealfx=”off”]
by Nico Malan Hoërskool, Humansdorp. Micaela het in 2015 haar teologiese opleiding begin by Universiteit Stellenbosch. In 2019 behaal sy die graad BDiv cum laude, en in 2020 haar MDiv (Nuwe Testament onder leiding van prof Jeremy Punt), ook cum laude. Haar skripsie is getiteld “The rhetoric of violence: Reading Revelation 19:11-21”. As erkenning vir haar uitnemende akademiese prestasie, ontvang sy die Dekaanstoekenning (2019), die Rektorstoekenning (2020) en Goue Sleutel (2020). In 2021 doen sy haar gemeentejaar by NG Kerk Jeffreysbaai en was sy by alle aspekte van die bediening betrokke. Eenheid, diversiteit en om leerbaar te wees, is vir Micaela baie belangrik om soos die een Liggaam van Christus te funksioneer. Micaela is in ’n ernstige verhouding met Wouter Stander, tans in Jeffreysbaai en sy is beroepbaar.
- 060 975 5105
- micaela.wahl@gmail.com
