Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Meesterstorieverteller gee deernisvolle blik

Die spore van Gert Saggiestrap deur Marco Botha

Uitgewer: Flyleaf Publishing, 2021

Resensent: Heléne Meissenheimer

Gert Saggiestrap het ’n gat waar sy hart eens was. Hy is van die Ju/’hoansi mense, of boesmans van die Nuwe Tyd wat op plase in die dorre noorde van die Kalahari in Namibië grootword en nie meer die mense van die Ou Tyd se verstaan het van ’n mens se hart en gedagtes nie. Marco Botha is ’n meesterstorieverteller wat met raakvat taalgebruik en uitdrukkings eie aan hierdie mense die leser ’n deernisvolle loerkyk gee binne hulle leefwêreld.

Die leser sny saam met Gert spoor deur Tsumkwe se stofpaaie in sy soeke om weer sy siel en ’n sin van menswaardigheid terug te kry. In die proses gaan ’n begrip en verstaan oop vir die gevoel van ontheemdheid, die onsekerhede en ook moed en durf van Gert se mense “wat in die stof van die moderne werklikheid leef”. Dit is verseker nie die romantiese leefwêreld wat films soos The gods must be crazy oor hierdie mense voorhou nie, maar dit is eg en outentiek. ’n Storie vir die oogdou, soos die skrywer Eben Venter op die omslag skryf.

Die spore van Gert Saggiestrap is Botha se eerste roman.

Beskikbaar teen R240 by Graffiti.

  • Heléne Meissenheimer is joernalis by Kerkbode.

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top