Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Hierdie vertellings lees maklik en sit gerieflik in jou kop, totdat die laaste sin of ’n woord skielik die hele storie – steeds ligweg – in jou hart gaan aflaai, skryf die resensent hieronder.

LiG-rubriekskrywer dartel ligvoets deur die lewe

Ligvoets deur Fourie Rossouw

Uitgewer: Bybel-Media, 2021

Resensent: Rethie van Niekerk

Ligvoets is ’n versameling kort, lekker-lees stories deur Fourie Rossouw, ’n keur van sy rubrieke wat vantevore in LiG gepubliseer is.

Presies soos die titel te kenne gee, dartel Rossouw ligvoets deur die lewe. Sy vertellings lees maklik en sit gerieflik in jou kop, totdat die laaste sin of ’n woord skielik die hele storie – steeds ligweg – in jou hart gaan aflaai.

KOOP hierdie boek nou via BM se aanlyn winkel 

Rossouw se stories het ’n ondertoon van gasvryheid. Storie vir storie word jy ingenooi en ligvoets geïnspireer om self ook insluitend te leef. Hier sien jy hoe om gelyk met ’n tong in die kies en ’n traan in die oog te leef (en ook, blykbaar, met ’n knypie sout).

Hierdie stories loop oopoog deur die lewe en sien genade en heiligheid in vla, vuil slaap-hasies en tuisgemaakte konfyt.

  • Te koop by Bybel-Media.
  • Ds Rethie van Niekerk is ’n predikant by Blouwaterbaai Familiekerk in Gqeberha.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top