Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

"Cas Vos se vermoë om met woorde te skilder maak dit ’n heerlike ervaring vir almal wat lief is vir digkuns," skryf dr Willem Wiid in sy onlangse resensie van hierdie nuwe digbundel.

O, die heerlikheid van die liefde!

Onder die vlerke van jou liefde deur Cas Vos

Uitgewer: Naledi, 2021

Resensent: Willem Wiid

 

Hierdie bundel bevat ’n vertaling van Hooglied vanuit Hebreeus na Afrikaans, met meegaande tegniese kommentaar op die teks. Hierop volg vertalings van ’n klompie liefdesgedigte uit antieke Egipte en ’n paar van Vos se eie liefdesgedigte.

Die buiteblad skep egter verwarring – dit gee die idee dat dit ’n romantiese “Mills & Boon”-boek is. Na die eerste gedig verstar ’n mens skielik wanneer jy die formele notas oopslaan. Teoloë behoort dit sinvol te vind, maar nie noodwendig die gemiddelde leser nie.

Cas Vos se vermoë om met woorde te skilder maak dit egter ’n heerlike ervaring vir almal wat lief is vir digkuns.

 

Beskikbaar by Naledi.

 

  • Dr Willem Wiid is ’n NG predikant van Nelson Mandelabaai.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top