Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

"Ben gaan skool toe is ’n kosbare boek, veral vir kinders wat vanjaar vir die eerste keer “grootskool” toe is," skryf Rethie van Niekerk in haar resensie van hierdie nuwe kinderboek met prag-illustrasies deur Johan Strauss.

Kosbare boek help met oorgang

Ben gaan skool toe deur Zuleka Smit, met illustrasies deur Johann Strauss

Uitgewer: Luca, 2022

Resensent: Rethie van Niekerk

 

Ben gaan vir die eerste keer grootskool toe. Sy aanvanklike opgewondenheid verander vinnig in vrees. Hy is alleen. Hy voel asof hy nie goed genoeg is nie.

Een aand lees Ben se mamma saam met hom Bybel en herinner hom dat hy kosbaar is vir Jesus. Die volgende dag by die skool begin dinge verander …

Ben gaan skool toe is ’n kosbare boek, veral vir kinders wat vanjaar vir die eerste keer “grootskool” toe is.

Die beste deel van hierdie storie, is dat dit nie prekerig is nie! Hier word nie ’n Bybelteksie met ’n oppervlakkige boodskap voorgehou nie. Daar word nie vir kinders vertel “doen nou dit, dan sal alles regkom” nie. Ben se storie is bloot ’n herinnering dat hulle kosbaar is vir Jesus.

Subtiel sien ons hoe ons besig-wees met die Bybel ons lewe beïnvloed. Wanneer ons verstaan van ons identiteit verander, verander ons lewe.

Johan Strauss se illustrasies is pragtig: groot, kleurvol en prettig.

    • Beskikbaar vir R150 by Lapa.
  • Ds Rethie van Niekerk is ’n predikant by Blouwaterbaai Familiekerk in Gqeberha.

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top