Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Geroepenes vertel Kerkbode hoe die Here hulle uit verslawing, van kanker en allerhande krisisse gered het in antwoord op die vraag: Hoekom swot jy teologie? Foto's: Verskaf

Studente vertel: Dit is hoekom ons teologie studeer

Die nuwe bane in teologiese opleiding asook digitale innovasie maak hierdie studierigting toeganklik vir meer mense as ooit tevore, maar met soveel kerke wat finansiële druk ervaar, lyk ‘n loopbaan as leraar nog aanloklik? Kerkbode het by al vyf die teologiese opleidingsinstansies wat by die NG Kerk geakkrediteer is, ’n paar studente gevra: Hoekom studeer jy teologie?

 

 

[aesop_image img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2022/02/UV-Herlize-Nel-crop.jpg” panorama=”off” align=”left” lightbox=”off” captionsrc=”custom” captionposition=”left” revealfx=”off” overlay_revealfx=”off”]

Herlize Nel (18) van Bloemfontein is ’n eerstejaar BDiv-teologiestudent by die Universiteit van die Vrystaat. Sy vertel haar lewe het as 15-jarige verander toe sy met kanker gediagnoseer is: “Deur al die swaarkry kon ek God se Hand die meeste in my lewe sien … en om my nege maande later te genees. Ek het toe besluit om teologie te studeer sodat ek mense van hierdie wonderlike God kan leer.”

[aesop_image img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2022/02/2-Nomthandazo-Tyala-US-crop2.jpg” panorama=”off” align=”right” lightbox=”off” captionsrc=”custom” captionposition=”left” revealfx=”off” overlay_revealfx=”off”]

Nomthandazo Tyala (31) van King William’s Town in die Oos-Kaap is ’n eerstejaar BDiv-teologiestudent by Universiteit Stellenbosch. Sy het in die kleinhandelsektor gewerk, maar voel sy wil meer doen vir haar kerk, die Verenigende Gereformeerde Kerk: “Ek het nog altyd hierdie roeping op my hart vandat ek my geloof in Christus bely het om meer te doen in diens van Hom en die kerk – dit het daartoe gelei dat ek teologie studeer om ’n predikant te word.”

[aesop_image img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2022/02/3Albrecht-Karel-UP-crop2.jpg” panorama=”off” align=”left” lightbox=”off” captionsrc=”custom” captionposition=”left” revealfx=”off” overlay_revealfx=”off”]

Karel Albrecht (19) studeer BDiv by die Universiteit van Pretoria: “Ek studeer teologie omdat ek voel die Here het my geroep en kan my in hierdie veld gebruik. Ek sal graag ’n dominee in ’n gemeente wil wees waar ook al die Heer my wil gebruik.”

[aesop_image img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2022/02/4-ralph-nets-crop2.jpeg” panorama=”off” align=”right” lightbox=”off” captionsrc=”custom” captionposition=”left” revealfx=”off” overlay_revealfx=”off”]

Ralph-Edison Upingasana (34) studeer teologie by NETS in Namibië. Hy vertel sy lewe gekenmerk deur alkohol- en rookverslawing het handomkeer verander toe hy Jesus ontmoet het: “Hierdie geestelike groei en God se roeping op my lewe, het ’n diep begeerte by my gelaat om God se mense met Bybelse kennis te lei, daarom studeer ek teologie.”

[aesop_image img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2022/02/5-Belinda-Bothma-HK-crop2.jpg” panorama=”off” align=”left” lightbox=”off” captionsrc=”custom” captionposition=”left” revealfx=”off” overlay_revealfx=”off”]

Belinda Bothma (48) van NG gemeente Benoni-Benjamin het in 2019 die Preek-en-Eredienskursus gedoen. Sy is besig om haar as diensleraar by Hugenote Kollege te bekwaam: “My roeping het begin as kinderbedienaar, maar het ontwikkel soos ek groei in my wandel met God. Om my kennis te verbreed en van meer hulp in my huidige gemeente te wees, het my passie geword.”

 

[aesop_image img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2022/02/6-Polo-Agnes-Masilo-UV-crop2-1.jpg” panorama=”off” align=”right” lightbox=”off” captionsrc=”custom” captionposition=”left” revealfx=”off” overlay_revealfx=”off”]

Polo Agnes Masilo (24) van Ficksburg in die Vrystaat is ’n tweedejaar BDiv-teologiese student by die Universiteit van die Vrystaat: “Ek geniet en waardeer hoe my kursus met ander dissiplines kombineer, wat my nie net help om die samelewing beter te verstaan nie, maar ek vertrou en glo dit sal my help in my pligte as predikant.”

[aesop_image img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2022/02/7Luan-Martin-HK-crop2.jpg” panorama=”off” align=”left” lightbox=”off” captionsrc=”custom” captionposition=”left” revealfx=”off” overlay_revealfx=”off”]

Luan Martin (22) het as jeugwerker by sy tuisgemeente NG Krantzkloof in Durban ’n Afrikaanse koffiekerkbediening begin. Hy het reeds die Bedienaarskursus by Hugenote Kollege gedoen en is nou daar ingeskryf om aanlyn teologie te studeer om predikant te word: “Ek weet die Here het my pad juis so neergelê dat ek direk uit skool uit prakties kon beleef hoe dit is om in die kerk te werk en hoe dit werklik is om mense te bedien.”

[aesop_image img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2022/02/8-Leandra-HK-crop2.jpg” panorama=”off” align=”right” lightbox=”off” captionsrc=”custom” captionposition=”left” revealfx=”off” overlay_revealfx=”off”]

Leandra Seyfferdt (24), ’n jeugwerker by NG gemeente Constantiakruin in Roodepoort, is besig met die diensleraarkursus by Hugenote Kollege: “Om die onbekende van God se grootheid saam met my gemeenskap te ontdek en die kwashale van Jesus se liefde saam raak te sien, dit is waartoe ek geroep is.”

 

[aesop_image img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2022/02/9-FJ-Cronje-US-crop2.jpeg” panorama=”off” align=”left” lightbox=”off” captionsrc=”custom” captionposition=”left” revealfx=”off” overlay_revealfx=”off”]

FJ (Frederik) Cronje (18) van Riversdal is ’n eerstejaar teologiestudent by Universiteit Stellenbosch. Hy glo God het hom in graad 9 op Hoër Landbouskool Oakdale geroep om teologie te studeer: “Ek is nog nie seker wat God wil hê ek moet doen as ek my graad het nie, maar ek wil graag met mense werk wat sukkel in hulle geloof.”

 

[aesop_image img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2022/02/10-Monique-Dembskey-UP-crop1.jpg” panorama=”off” align=”right” lightbox=”off” captionsrc=”custom” captionposition=”left” revealfx=”off” overlay_revealfx=”off”]

Monique Dembskey (18) kom van Edenvale in die Oos-Rand en studeer teologie by die Universiteit van Pretoria om ’n NG dominee te word: “Nie net wil ek soveel as moontlik oor die Bybel leer nie, maar ek wil graag mense in die toekoms help deur die leiding van die Heilige Gees en met die kennis wat ek gedurende my studies ontvang om ook die Here se Woord beter te verstaan. Ek sien geweldig uit na die nuwe lewensreis!”

[aesop_image img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2022/02/11-Tonio-Gantana-HK-1.jpg” panorama=”off” align=”left” lightbox=”off” captionsrc=”custom” captionposition=”left” revealfx=”off” overlay_revealfx=”off”]

Tonio Gantana (45) van Delft (gebore Swartlander) werk tans as veldwerker vir die Voortrekker Road City Improvement District (VRCID) projek in Kaapstad. Hy het ingeskryf vir die BTh in missionale bediening by Hugenote Kollege: “Die rede hoekom ek teologie studeer is om eendag ’n voltydse bedienaar van God se Woord te word asook om meer toegerus te wees om dissipels te maak in ’n voortdurend veranderende samelewing. Teologie sal my ook help om ander te help wat weerloos is en deur hedendaagse sosiale euwels geteister word.”

[aesop_image img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2022/02/12-Bethel-Utete-nets-crop2.jpg” panorama=”off” align=”right” lightbox=”off” captionsrc=”custom” captionposition=”left” revealfx=”off” overlay_revealfx=”off”]

Bethel Utete (31) van Zimbabwe het ’n Honneursgraad in Kliniese Sielkunde en werk as ’n berader en navorsingsassistent by die Universiteit van Namibië. Hy is ’n finale jaar teologiestudent by NETS: “Ek studeer teologie om toegerus te word om God se Woord omsigtig te kan benader en kommunikeer en om sy mense te kan bedien.”

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top