Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Verruklik is die beste woord waarmee Rethi van Niekerk skryf sy hierdie bundel kan beskryf met 70 daaglikse refleksies wat Marina Strydom sedert die begin van die grendeltyd neergepen het.

Skrywer herinner dat God ‘aan die ander kant van woorde’ is

Floreer deur Marina Strydom

Uitgewer: Enroute Publiseerders, 2021

Resensent: Rethie van Niekerk

 

Verruklik. Dit is die beste woord waarmee ’n mens hierdie refleksies van Marina Strydom kan beskryf. Ander woorde wat by ’n mens opkom, is stylvol, sag, eerlik, realisties, deernisvol, uitsonderlik. Ons trek in Maart van 2022, maar hierdie is reeds my gunsteling-boek van die jaar.

Sedert die begin van inperking in 2020 het Strydom daaglikse refleksies geskryf, wat in hierdie bundel met 70 skrywes saamgevat is. Elke skrywe getuig van diepe insig en wysheid.

Terwyl jy lees, voel die skrywer soos jou persoonlike geestelike begeleier. Sonder enige geestelike clichés word daar rustig en sag met die realiteite van die lewe gewerk. Op geen oomblik draai die skrywer haar rug op die vrae of worstelinge van die lewe nie. Nêrens is sy voorskriftelik nie. Met deernis word misterie omarm en die leser op ’n reis van geestelike verdieping geneem. Al is dit baie prakties, is hierdie geensins ’n selfhelpboek met ’n maklike “to-do” lysie nie.

’n Mens wil stadig lees, rustig saam met die skrywer in ’n dieper geloofslewe insak. Die boek is soos die lapidarie waarvan die skrywer vertel – die kuns van edelstene slyp. Tussen treffende metafore, poësie, pragtige woorde en inspirerende gedagtes, word die leser ook herinner dat God “aan die ander kant van woorde” is.

Floreer verdien ’n baie wye lesersmark.

Bestel teen R150 by Palet.

Ds Rethie van Niekerk is predikant by Blouwaterbaai Familiekerk in Gqeberha.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top