Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Van die “brandpuntbesprekings” op die tafel by Vrystaat Sinode gaan oor gemeentes wat (wil) doleer en watter weg gevolg kan word om uit die kerkverband te tree.

VIDEO: ‘Ja … daar is redelik spanning’ – afgevaardigdes gesels by sinode

Op die eerste dag van NG Kerk Vrystaat se sinodesitting in Bloemfontein (8-10 Maart) keer Kerkbode twee afgevaardigdes tydens teetyd voor. Ons gesels met Piet Coetzer (80) en ds Suzanne van der Merwe oor hul hoop en kommer vir die NGK. Lees HIER meer oor Dag 1.

Video: Robert Cable.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

3 thoughts on “VIDEO: ‘Ja … daar is redelik spanning’ – afgevaardigdes gesels by sinode”

  1. Walter Sutton

    Ons bid saam met elkeen wat die sinodesitting bywoon vir ‘n geseënde uitkoms wat Sy wil en doel sal dien. Dat elkeen hul hart en verstand vir die leiding van die Heilige Gees sal oopstel om fyn te luister en te glo dat Hy in staat is om besluite ondergeskik aan Sy Woord te maak. Dat die besluite dit sal weerspieël. Ons hoef ook nie daaraan te twyfel dat die Heilige Gees selfs eenparige besluite moontlik kan maak nie! Indien dit sou gebeur dat daar oor sake besluit moet word waaroor ernstig verskil word, moet dit nie ‘n duidelike teken wees dat ‘n besluit daaroor nog nie geneem kan word nie? Watter nut het besluite wat die potensiaal het om onderlinge verdeeldheid te bevorder? Ons bid dat die eienskappe van die vrug van die Gees wat in elke sinodeganger werksaam is besluite sal beinvloed. Vrede vir julle.

  2. Muller Oosthuizen

    Daar bestaan tog nie iets soos dolering / wegskeuring in die NG Kerk nie!? Die Bybel noem dit gemeenskap van gelowiges – enige verskille word binne eenheid hanteer, nie deur wegskeuring nie.

  3. Jean Oosthuizen

    Walter Sutton sê elkeen moet hul hart en verstand vir die leiding van die Heilige Gees sal oopstel om fyn te luister en te glowat moet besluit word. Digt wat elke sinode nog sê maar die probleem is dat die Heilige Gees skynbaar vir verskillende mense en gemeentes totaal teenoorgestelde goed sê. Die enigste logiese gevolgtrekking is dat daar nie regtig enige inspraak van die Heilige Gees in die besluite is nie of dat die HG verskillende sienings huldig oor dieselfde saak en dit maak geen sin nie.

Comments are closed.

Scroll to Top