Die Andrew-Murray-prysfonds se kortlyste vir pryse in 2022 is bekend gemaak. Die wenners van bostaande pryse, sowel as die ontvangers van toekennings – die Andrew Murray-FAK-toekenning vir Christelike musiek, die CLF-Elise Tempelhoff-toekenning vir omgewingsbewaring, en die Jaap Durand-Denise Ackermann-toekenning vir eenheid, geregtigheid en versoening – word in April aangekondig. Die oorhandigingsfunksie vind op 27 Mei in Wellington plaas, volgens dr Frits Gaum, die voorsitter: Andrew Murray-prysfonds.
Die Andrew Murrayprys vir algemeen-Christelike boeke in Afrikaans (alfabeties):
Bybelstories in perspektief deur Sakkie Spangenberg
Die Bybel in fokus (nuwe uitgawe) deur Louis Jonker, Jan Botha en Ernst Conradie
Onder die vlerke van jou liefde deur Cas Vos
Onverskrokke vrou deur Bettina Wyngaard
Verby ons gedagtes deur Willem Nicol
Die Andrew Murray-Desmond Tutuprys vir teologiese boeke in ‘n amptelike taal van Suid-Afrika (alfabeties):
I am a Man deur Mofokeng Makhata
Jesus, Paul and Matthew (twee volumes) deur Andries van Aarde
Performing Christ: South African Protest Theatre deur MJ Havenga
Together in God’s Theater deur Ian Nell
Writing and Reading to Survive deur Julie Claassens
Die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys vir debuutpublikasies (alfabeties):
Angry Love deur Jenni Kerby
Barmhartigheid vir duisende deur Beatrix Kotzé
Jesus-leierskap deur Roedolf Botha
Kom sit aan deur Rudi Swanepoel
Predikantsvrou én vrou in eie reg deur Dawn Botha
