Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Oor Namibië se ‘ultimatum’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Henrietta Klaasing van Randfontein skryf: Volgens ’n berig in Rapport van 20 Maart 2022 (“Namibië se ultimatum aan die NG Kerk”) werk die Namibiese sinode van die NG Kerk aan ’n proses om sigself los te maak van die kerk se algemene sinode (AS) as dié nie binne die volgende ses maande onderneem om sekere van sy besluite te herroep nie. Die bestuur van teologiese opleiding aan universiteitsfakulteite word ook onder andere genoem as iets wat die kerk toenemend vervreem.

In dieselfde berig word ds Nelis Janse van Rensburg as moderator van die NG Kerk aangehaal: “Die AS het almal genooi om hulle klagtes oor teologiese opleiding met die kerk se kuratorium te bespreek. In dié proses sal ons waarskynlik die klagtes van die Namibiese sinode kan ontvang en bespreek. Ons het tot nou toe nog net gehoor van mense wat daaroor brom en algemene besware.”

Met groot respek, ds Nelis, lees u ooit Kerkbode-artikels en kyk u na die video’s? Dan behoort u bewus te wees van gesprekke tussen ds Dubois du Toit en dr Frederick Marais juis oor teologiese opleiding asook ander berigte oor die teologiese fakulteite. Om hierdie allerkritieke saak af te maak met geringskattende woorde soos “ons het nog net gehoor van mense wat daaroor brom en algemene besware” van iemand in u posisie is uiters teleurstellend. Ek het DIT nie van u verwag nie!

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top