Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Tyd vir Algemene Sinode om ‘af te tree’?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Dr Dawie Botes van NG Kerk Welkom-Wes skryf: Dit is ’n groot mylpaal vir die Algemene Sinode om 60 jaar oud te word. Maar hoe oordeel die nuwe wêreld, waar alles verander, tans oor die Algemene Sinode?

LEES OOK: Die Algemene Sinode na 60 jaar: Die brose eenheid is nie vanselfsprekend

Tans word mag oral afgewentel. ’n Mens hoor die woord “federalisme” meer en meer. Die woord “ontbondeling” is al amper ’n modewoord. Die ANC klou vas aan die mag ten alle koste al wys die krake al hoe meer. Outoritêre mag en gesentraliseerde mag is nie meer in nie.

Dit is deel van die verlede. Al hoe meer streeksinodes begin brom oor die Algemene Sinode se mag. Die Algemene Sinode kos die lidmate van die kerk ’n groot som geld per jaar. Dit het ’n duur ou liggaam geword oor die jare om in stand te hou.

LEES OOK: Namibië-span vlieg na SA: Maratongesprek om eenheid te behou

Vrystaat Sinode moet vanjaar besluit of dit ’n geval is van “bly of gly” wat betref die sinode se band met die Algemene Sinode. Ook Namibië oorweeg om bande met die AS los te maak. Covid het geleer ons moet verander of ons gaan tot niet. Dalk is dit tyd vir die kolos om aan aftrede te dink?

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top