Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gegewe die voortdurende gesprekke oor Bybelinterpretasie en hermeneutiek in verskeie ruimtes in die kerk, kan hierdie videokursus en e-boek ’n waardevolle bydrae lewer tot taal sowel as begrip vir die komplekse, dog opwindende moontlikhede wat die interpretasie van tekste inhou, skryf dr Nina Müller van Velden.

Woord én video oor boustene vir Bybelse hermeneutiek

Hermeneutics and social transformation – A selection of the essays of Bernard C Lategan

Redakteurs: Dirk J Smit en Len Hansen

Uitgewer: SUN Media, 2015

Resensent: Nina Müller van Velden

 

“I would like to warn you beforehand: your views will be challenged by this course, and you will meet ideas that sound very strange at first – but which will develop an insight and a skill which will serve you, actually, the rest of your life.” Aldus professor Lategan in die eerste video-opname van die gratis kursus Introduction to hermeneutics, terwyl sy mondhoeke effens lig en ’n glinster in die oog verklap dat hy nou uit ervaring praat.

 

Die voortdurende proses van waarneming, interpretasie en respons – die boustene van hermeneutiek – “is as natural and as unconscious as breathing”. Lategan meen dat ons dit nodig het om sin te maak uit die lewe. Hierdie voortgaande lewende proses kan uiteindelik, met onderskeiding, op wysheid uitloop. Interpretasie is nie onskuldig nie, ook nie die interpretasie van Bybelse tekste nie. ’n Mens kom diep onder die indruk van die verantwoordelikheid wat ons het wanneer ons interpreteer, juis ook as gelowiges wat erns maak met die tekste van die Bybel en die kontekste waarbinne ons onsself bevind.

 

Alhoewel die e-boek ’n akademiese publikasie is, is die styl van die videokursus toeganklik. Gevolglik kan nuuskieriges gemaklik hulle leer-hoedjies opsit. Met twee inleidende video’s, gevolg deur twaalf langer videosessies, bied Lategan self in hierdie kursus op ’n toeganklike en bevatlike manier die boustene van hermeneutiek aan, met ’n toespitsing op Bybelse hermeneutiek.

 

Gegewe die voortdurende gesprekke oor Bybelinterpretasie en hermeneutiek in verskeie ruimtes in die kerk, kan hierdie videokursus en e-boek ’n waardevolle bydrae lewer tot taal sowel as begrip vir die komplekse, dog opwindende moontlikhede wat die interpretasie van tekste inhou.

 

Die e-boek is gratis beskikbaar by African Sun Media.

 

Dr Nina Müller van Velden is ’n postdoktorale navorsingsgenoot in Nuwe Testament aan die Fakulteit Teologie, Stellenbosch, en tentmakerleraar by NG Kerk Parke-gemeente.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top