Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Koop dié boek aanlyn by die skakel onderaan dié bekendstellingsberig.

Om die spore van ’n bewegende God te volg

God is beweging, nie ’n monument nie, sê prof Johan Cilliers onlangs wanneer hy praat oor die doel van ’n nuwe boek waarvan hierdie praktiese teoloog en emeritusprofessor die spansameroeper en redakteur was.

Die bydraes in Moving methodologies – Doing practical and missional theology in an African context is “… ’n manier om die bewegings van die bewegende God te probeer karteer,” het Cilliers aan ’n klein gehoor in die kapel by Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Teologie (FT) gesê.

Prof Johan Cilliers tydens die bekendstelling van Moving methodologies – Doing practical and missional theology in an African context (Bybel-Media). Foto’s: Le Roux Schoeman
Die bekendstelling van Moving methodologies – Doing practical and missional theology (BM) in die Kweekskool op Stellenbosch se kapel.

Hy voeg haastig by: “Dit is riskant om dit te sê, want ons is dikwels die spoor byster met presies dit.” Maar dit is die beweegrede vir die 252-blad sagteband wat deel van die Stellenbosch Teologiese Refleksie-reeks vorm: “… Om wysheid te ontvang om die voetspore van God deur ons Afrika-grond te volg.”

Vir voornemende lesers wat met die boek in die hand staan en wonder oor wat presies Praktiese Teologie is, skryf Cilliers op bl 30: “But, one could ask, should not all theology be ‘practical’? In addition to practical theology, could there be such a thing as ‘impractical’ theology? Certainly not, because theology in its deepest sense cannot be anything but practical. Theologia practica is simply the habitus of theology viewed as to its end (Farley, 1983:27).”

“Dit is nie oor borgskap (van die boekprojek) in die eerste plek nie, maar oor betrokkenheid,” sê dr Pieter van der Walt.

Dr Pieter van der Walt het namens die Ekumeniese Raad en NG Kerk se Taakspan Navorsing verduidelik hoekom hulle finansiële steun vir die jongste publikasie in hierdie boekreeks bied. “Dit is nie oor borgskap in die eerste plek nie, maar oor betrokkenheid … Ons beleef dat dit gesond is om hierdie wisselwerking te hê. Ons stem saam daar moet gesonde spanning wees tussen kerk en teologie. Die spanning moet versorg word. Kerk en teologie het mekaar nodig,” het Van der Walt gesê.

’n Vorige boek in die reeks, Broken bodies and redemptive tables: The Lord’s Supper and its theological, historical and socio-political dimensions, word volgens Van der Walt met vrug in universiteitsklaskamers gebruik.

Prof Eugene Cloete was vol lof vir Cilliers en medewerkers se nuwe bydrae asook die (FT) se navorsingsuitset oor die algemeen. Die US se vise-rektor: navorsing, innovasie en nagraadse studies het geterg: “Daar sal vandag omtrent 4 000 boeke gepubliseer word, so as jy net een boek lees, word jy meer onkundig met 3 999 boeke per dag.” Cloete se punt was egter juis die belang van boeke en boekstawing van idees. “Dit is belangrik want dis ’n rekord van ’n intellektuele proses. So ons het hier ’n insig tot die verstand van die bydraers,” het Cloete gesê.

Prof Eugene Cloete was vol lof vir Cilliers en medewerkers se nuwe bydrae asook die (FT) se navorsingsuitset oor die algemeen
Prof Reggie Nel, dekaan van die Fakulteit Teologie asook ’n bydraer tot die boek, in ligter luim.

In die eerste hoofstuk van die boek skryf prof Nadine Bowers Du Toit in ’n bydrae getiteld “Race and research: Re-examining the space and place of race in South African practical theological research” as volg oor die belang daarvan om navorsingsmetodologie opsigself te ondersoek, in teenstelling met bloot die uitkomste van navorsing: “Research methodologies that are radically participative, such as Participatory Action Research, photovoice and decolonial methodologies of storytelling, need to be fore-fronted to a greater degree in Practical Theology in order for us to avoid the kind of “ventriloquism” Goto (2017) warns of. This will prevent us from speaking “of” or “for” in our research. These methodologies take an enormous amount of effort and care. They require the researcher to be constantly mindful of the aforementioned power dynamics if we are studying communities that we do not originate from. Research partnerships need to be transparent and accountable throughout the process – from first contact to analysis and feedback. The latter is also true for researchers of colour studying their own communities as in some ways as we often forget the power and dimensions of class or gender that we as scholars bring into such contexts. Anti-racist research should always also be intersectional and therefore include gender and class.”

Prof Reggie Nel, dekaan van die FT asook ’n bydraer tot die boek, het Cilliers, wat jare gelede een van Nel se dosente was, bedank vir die wyse waarop Cilliers in pas met tyd en teologiese tendense bly. Cilliers is onlangs deur die Nasionale Navorsingstigting ’n A1-gradering toegeken.

  • Moving methodologies word uitgegee deur Bybel-Media en is hier te koop teen R260.
  • Bybel-Media is Kerkbode se uitgewer.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top