Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Prof Adrio König is in die ouderdom van 86 oorlede.

Bekende teoloog gegroet

Die bekende anti-apartheidsteoloog en skrywer, prof Adrio König, is Woensdag in die ouderdom van 86 oorlede.

Die nuus is deur dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, aan Kerkbode bevestig.

König was sedert 1975 professor in Sistematiese Teologie by Unisa. Gedurende die 1980’s was hy “ook ’n stigterslid van Reforum, ’n inisieerder van die bekende Ope Brief aan die NG Kerk (1982) – waarin ernstige kritiek teen die destydse apartheidsbeleid in kerk en staat uitgespreek is,” volgens die elektroniese Christelike Kernensiklopedie.

Hy was ook ’n begaafde skrywer en is bekend vir verskeie boeke waarvan hy skrywer of redakteur was. Van sy bekendste werke sluit in Kyk, Ek kom gou! (1974), Hier is Ek! Gelowig nagedink oor God (1) en Jesus die Laaste: Gelowig nagedink oor die Einde (2) (1975), God, waarom lyk die wêreld so?, Die helfte is my nooit oor Jesus vertel nie, Fokus op 300 geloofsvrae, en Die groot geloofskommentaar sowel as Paulus, Geloofskatte uit Psalms en Geloofskatte uit die Evangelies.

  • Hou Kerkbode dop vir meer beriggewing hieroor.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top