Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dit was ’n reuse-voorreg om vir 43 jaar en drie maande in die lief en leed van Observatory se mense as ’n krimpende randstad-gemeente te kon deel. Ek kon so baie leer en ons het soveel beleef, skryf dr Ben Kotzé, hierbo by sy vrou Heréza.

Om heeltyd te jaag, hou geen seën in!

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Dr Ben Kotze van Observatory skryf: My bediening in Observatory kom DV op 31 Julie 2022 tot ’n einde, aangesien ek gedurende Julie sewentig word. Hiermee enkele woorde van dank asook ’n kort vooruitbeskouing.

Aan God die Heer – al die eer – wat steeds wonderbaarlik reguit skryf met ons krom en skewe lyne!

Aan alle kollegas uit alle kerkverbande, vriende en familie my besondere dank vir hulle merkwaardige ondersteuning.

Aan my dierbare Heréza wat vir meer as 45 en ’n halwe jaar al aan my sy is; hoe sal ek jou ooit kan bedank vir jou uitsonderlike bystand en onoortreflike liefde?

Dit was ’n reuse-voorreg om vir 43 jaar en drie maande in die lief en leed van Observatory se mense as ’n krimpende randstad-gemeente te kon deel. Ek kon so baie leer en ons het soveel beleef.

Dit was ’n uitnemende voorreg om vir so lank deel te kon wees by sovele mense wat my vertrou het met hulle blydskap en smart. My bediening tot op datum was ’n reis waarvan ek wonderlike herinneringe het. Genadig(onbeskryflik groot)lik word die reis nog voortgesit.

Ek is bevoorreg om te kan voortgaan met die bediening van meer as 36 jaar by VGK Ebenezer wie se lidmate weet Wie hulle Rots van sterkte is. Ook Loaves & Fishes, Sentrum vir Vernuwing in Observatory, waar ek langer as 30 jaar betrokke is, sien steeds vir my kans as hoof- uitvoerende beampte. Wat ’n guns!

Ek wil nog graag die lesse van die Swahili-aanhaling hieronder leer: Haraka, haraka, haina baraka! Om heeltyd te jaag, hou geen seën in!

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top