Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike Nuus 16 September 2022

  • Hierdie kennisgewings is op 16 September 2022 opgedateer.

BEROEP

Ds. Anuschka Smit na Universiteitsoord as voltydse predikant.

 

NOORD-KAAPLAND

RINGSITTING

Die Ring van Hanover se jaarlikse vergadering sal op 11 Oktober 2022, van 08:00 af, op Philipstown plaasvind. Vir navrae kontak die ringskriba, dr Henry Williams, by sel: 078 458 2954 en epos:  hhhenry58@gmail.com. (Henry Williams, Ringskriba, 09.09.2022).

GOUDLAND

RINGSITTING

Die vyf-en-sestigste gewone sitting van die Ring van Vereeniging vind plaas op Maandag 10 Oktober 2022 om 18:00 te NG Gemeente Suikerbos. (Ds CCJ Olivier, Ringskriba, 07.09.2022).

NOORDELIKE

BEROEP

Hiermee gee die kerkraad kennis dat ds. Anuschka Smit beroep is na NG Universiteitsoord as voltydse predikant. (Maretha Minnaar, Skriba, 05.09.2022).

HOËVELD

EMERITAAT

Ds. Johannes Hermanus (Johan) Peyper, wat organiserende sekretaris is van die Bybelgenootskap en verbonde  aan NG Gemeente Weltevreden, emeriteer op 30 September 2022. Sy Akte van Demissie sal binnekort namens die Ring aan hom oorhandig word. (Yolandi Kok, Ringskriba, 16.09.2022).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top