Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike Nuus 7 Oktober 2022

BEROEP
Ds Suzette Luwes-Turner voorheen van Somerset-Oos na Montagu; ds JS (Kobus) Sandenbergh (emeritus) as brugleraar na Sesmylspruit; ds Annelet Slazus van Boesmanland (Springbok) na Parow.

AANVAAR
Ds Suzette Luwes-Turner na Montagu.

WES-KAAPLAND

BEROEP
Ds Annelet Slazus van Boesmanland (Springbok) na Parow. (J Vos, Ringskriba, 10 Oktober 2022).

BEVESTIGING
Ds Suzette Luwes-Turner het die beroep aanvaar na Montagu. Haar intreepreek vind op Sondag 16 Oktober 2022 plaas. (Elsabé Wright, Skriba, 30.09.2022).

OOS-KAAPLAND

BEVESTIGING
Dr CF (Christo) Herbst van Trompsburg is tydens die erediens van 2 Oktober 2022 as leraar van Colesberg bevestig. Ds Anthonie Welman van Middelburg-Karoo (Ring van Cradock) en konsulent van Colesberg het die bevestiging waargeneem. (Dr Christo Herbst, Kerkkantoor Colesberg, 06.10.2022).

NOORDELIKE

BEROEP
Ds Kobus Sandenbergh (emeritus) is as brugleraar beroep na Sesmylspruit vir ’n termyn van ses maande, met ingang 1 Januarie 2023. (Ds Daniël de Vos, Voorsitter: Kerkraad, 05.10.2022).

OOSTELIKE

EMERITAAT

Ds LPJ (Louis) Cloete van Basileia Gemeente (voorheen NG Kerk Witbank-Klipfontein) het op 30 September 2022 na 38 jaar ononderbroke diens geëmeriteer. Hy gaan in die gemeente aanbly as leraar met ’n vastetermynkontrak. Sy bediening in die gemeente is tydens ’n erediens op 25 September 2022 gevier waar hy sy Akte van Emeritaat ontvang het. (Ds AM (Marius) Nel, Skriba: Ring van Witbank, 06.10.2022).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top