Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ontdek en verander hiermee valshede wat jy oor jouself glo

The good and beautiful you deur James Bryan Smith
Uitgewer: Intervarsity Press, 2022
Resensent: Tom Smith

James Bryan Smith het bekendheid verwerf vir sy praktiese boeke, wat gemeentes help om as dissipels gevorm te word. Sy reeks The good and beautiful God, Good and beautiful life en Good and beautiful community is van Intervarsity Press se topverkopers. As predikant het ek hierdie boeke al met baie vrug gebruik.

Daarom was ek opgewonde toe Smith laat weet dat hy besig is om ’n vierde boek in hierdie reeks te skryf. Dié boek se titel is The good and beautiful you: Discovering the person Jesus created you to be. Smith vertel dat hy met ’n goeie vriend gesels het en dat dié hom oortuig het dat sy trilogie moet uitbrei, omdat dit nodig is om ook te reflekteer oor ’n gesonde identiteit vir Jesusvolgelinge.

Hy verduidelik dat hierdie boek nie ’n selfhelpboek is nie, maar eerder gelowiges wil help om hulleself in die oë van God te sien: I have discovered that inviting the Spirit to help me become more like Jesus produces much better results than trying to be “the best version of myself.”

Net soos sy vorige boeke, is hierdie boek propvol stories en behulpsame teologie. Elkeen van die elf hoofstukke volg ’n patroon wat die leser help om ’n valse narratief te ontdek wat jy oor jouself kan glo, en help dan om hierdie valshede in die lig van God se Woord te verander. Elke hoofstuk eindig met ’n oefening wat help om die waarheid in jou alledaagse lewe te beliggaam. Daar is ook ’n handige aanhangsel wat kleingroepe of vriende en gesinne kan help om deur die boek te lees en saam te oefen.

Die boek het vir my baie beteken en ek sien uit om dit met medegelowiges te deel.

Beskikbaar by Takealot.

Dr Tom Smith is predikant by Fontainebleau Gemeenskapskerk.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top