Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike Nuus 13 Januarie 2023

  • Hierdie kennisgewings is op 13 Januarie 2023 opgedateer.
  • Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za

BEROEP

AANVAAR

Ds Derick Boonzaaier van Ottery na Lourensrivier-Strand; ds Thabo Pienaar van Witrivier na Hopetown; prop Christine Venter na Parow-Panaroma.

WES-KAAPLAND

BEVESTIGING

Dit is vir die kerkraad van die NG Gemeente Bellville-Riebeeck aangenaam om kennis te gee dat ds Egbert Henry Steyn op 08 Januarie 2023 as brugpredikant van die gemeente bevestig is. Ds Kobus Swarts, konsulent van die gemeente en lid van die Ring van Bellville, het die bevestiging hanteer. (JP Strauss, Voorsitter: Kerkraad NG Gemeente Bellville-Riebeeck, 10.01.2023).

Ds Derick Boonzaaier het die beroep van NG Kerk Ottery na NG Kerk Lourensrivier-Strand aanvaar. Diensaanvaarding is voltyds vanaf 1 Januarie 2023, en amptelike bevestiging vind plaas op 15 Januarie 2023 te NG Kerk Lourensrivier-Strand. (André Westraat, Ringskriba: Ring van Somerset Wes, 08.01.2023).

Prop Christine Venter het die beroep na NG Gemeente Parow-Panorama aanvaar. Sy word op 22 Januarie bevestig met haar intreepreek op 29 Januarie. (J Vos, Ringskriba, 10.01.2023).

NOORD-KAAPLAND

AANVAAR

Ds Thabo Pienaar, tans uitvoerende bestuurder by NG Gemeente Witrivier, het ’n beroep na NG Hopetown aanvaar. (Antoinette Bester, Kommunikasie, 28.12.2022).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top