Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dagboek dié | Maandag 6 Februarie 10:00-12:30: Bespreking van nuwe boek oor Karl Barth

Karl Barth se teologie verskaf ’n eiesoortige antwoord op die dringende vrae wat aan die rol van die kerk in ons samelewing gestel word, meen dr Martin Laubscher, ’n Vrystaatse teoloog en skrywer van ’n nuwe boek oor die Switserse teoloog (1886 – 1968).

Sy boek, wat in 2022 verskyn het, heet Publieke teologie as profetiese teologie? ’n Kritiese beskouing van die sosio-ekklesiologiese implikasies van die drieërly amp in die teologie van Karl Barth.

Laubscher sal Maandag 6 Februarie 10:00-12:30 by die Lutherse Kerk in Bloemfontein gesels oor sy boek tydens ’n gesprek wat ook aanlyn uitgesaai sal word. Kliek op Zoomskakel om aanlyn by die gesprek in te skakel.

Ds Barnard Steyn, direkteur vir Bedieningsbegeleiding vir die NG Kerk in die Vrystaat, reël die geleentheid.

Tydens die bespreking gaan Laubscher, ’n dosent in homiletiek en liturgiek aan die Universiteit van die Vrystaat, onder meer gesels oor Barth en die kerk se openbare rol en getuienis. Laubscher brei uit: “Die fokus in die lesing val veral op die mate waarin daar, dalk opnuut weer, oor ’n profetiese uitklaring van Karl Barth se teologie, veral in ons konteks, gedink sou kon word. Watter kenmerkende kontoere van ’n profeet is daar vir ons te eien in die teologie van Barth vir die kerk in Suid-Afrika vandag? Kortom, bekende frases soos “’n Profeet word nie in sy eie land geëer nie”, “’n Sosiaal-kritiese bewussyn en betrokkenheid”, “’n Woord op sy tyd”, “En dan net teologie te doen”, “Met ander woorde”, benodig dalk – elk, te same – juis, hier en nou, (publiek, in die openbaar), ’n meer genuanseerde bespreking (en/as getuienis).”

  • Martin Laubscher is ’n senior lektor in homiletiek en liturgiek aan die Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid-Afrika.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top