Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Aartsbiskop Thabo Makgoba het via videoboodskap by lidmate van die NG Kerk gepleit om “aktiewe burgers in ons demokrasie te word” en gewaarsku teen die vervreemding van ook wit Suid-Afrikaners vanuit die landsdiskoers.

Moenie swyg nie, maan Makgoba by Wes-Kaapland Sinode

“He speaks truth to power. He speaks truth to power …” Só het ds Nelis Janse van Rensburg ter verwelkoming van dr Thabo Makgoba, die aartsbiskop van Kaapstad, gesê voor Makgoba se gasrede op die eerste dag van die NG Kerk in Wes-Kaapland se sinodesitting wat Maandag 8 tot Vrydag 12 Mei naby Rawsonville plaasvind.

Janse van Rensburg, uittredende moderator van die streeksinode het oor die keuse van die gasspreker gesê hulle het iemand gesoek wat nie net bewus is van al die probleme wat Suid-Afrika in die gesig staar nie, maar ook iemand wat die kerk “kan help om getuienis te vind wat lewegewend en verskilmakend is”.

LEES OOK: 92-jarige in rolstoel samel duisende in met meer as 500 keer om kerk in Noordwes

Die meer as 600 mense in die stampvol saal by Goudini het die hoof van die Anglikaanse kerk in Suider-Afrika se videorede via grootskerms gevolg.

Makgoba het by lidmate van die NG Kerk gepleit om “aktiewe burgers in ons demokrasie te word” en gewaarsku teen die vervreemding van ook wit Suid-Afrikaners vanuit die landsdiskoers.

“Ons moet weer moed skep en ‘n voorbeeld stel van morele moed (moral courage), het Makgoba gesê.

Teen die agtergrond van ’n boekery, ’n kaart van Afrika en ’n beeld van Jesus aan die kruis teen die muur agter hom het Makgoba uit die Bybel gelees oor Jesus se opstanding. “Bang maar bly,” was die reaksie van die vroue wat oor Jesus se opstanding gehoor het. Daardie gevoel is ook in ons hart hier in Suid-Afrika, het Makgoba gesê. Die rede: Die gaping tussen ryk en arm, kitsrykdom, wanbesteding, bende-aktiwiteit, toksiese verhoudings, huishoudelike geweld. “We face many crises on many fronts. Almost too many to count.”

LEES OOK: Sinode van Wes-Kaapland: Gassprekers Moeletsi Mbeki en Thabo Makgoba genooi na sinode waar honderde op Goudini toesak vir weeklange byeenkoms

Makgoba het daarop gewys dat wyle aartsbiskop Desmond Tutu reeds gewaarsku het: Die Bybel erken ons is ’n mengsel van goed en sleg. Daarom moet ons nie verras wees dat menslike doen en late nie net goed of sleg is nie. “Die Kerk moet profetiese onafhanklikheid behou en nooit hierdie of daardie party in gebed word nie,” het Makgoba gesê met verwysing na die NG Kerk van ouds wat ook “die NP in gebed” genoem is. Sy boodskap hierdie week aan hierdie streeksinode van die NG Kerk: Moenie swyg uit die vrees om rassisties genoem te word nie. Die “nuwe struggle” vir hom is die stryd om ’n morele kompas te herwin en ons gelykheid van geleenthede te bekom.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top