Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Noordelike Sinode oor Dag van Verootmoediging (13 Augustus)

Die amptelike persverklaring wat hieronder ingesluit word, is nie 'n nuusberig deur Kerkbode nie. Die persverklaring word in sy geheel hier gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk.


Paul Grobler, direkteur: Noordelike Sinode, skryf: Na aanleiding van die Ring van Louis Trichardt se persverklaring rakende die Dag van Verootmoediging wat in Kerbode (2023-07-28) gepubliseer is, reageer die moderatuur van die Noordelike Sinode as volg:

  1. Die Sinodale Diensraad (SDR) van die Noordelike Sinode is die besluitnemende liggaam van die sinode gedurende die vier jaar tussen sinodesittings. Die SDR bestaan uit veertig afgevaardigdes, wat o.a. ’n predikant en ’n kerkraadslid van elke ring insluit.
  2. Die SDR het ’n vaste punt op sy agenda: “Sake vanaf Ringe”.
  3. Die SDR het by haar vergadering van 19 Julie 2023 ’n memorandum van die Ring van Louis Trichardt ter tafel geneem rakende die versoek vir ’n Dag van Verootmoediging op 13 Augustus, soos ontvang uit die kantoor van die Algemene Sekretaris.
  4. Die SDR het na ruim geleentheid vir gesprek, volstaan met die volgende:

4.1.     Elke gemeente moet die verootmoediging na gelang van hulle eie konteks inrig;

4.2.     Gemeentes besluit self of hulle aan die geleentheid gaan meedoen.

  1. Die Moderatuur van die Noordelike Sinode vertrou dat die Dag van Verootmoediging tot groot seën sal wees vir ons land en sy mense!

 

Groete, Moderatuur: Noordelike Sinode

 

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top