Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Brief: ‘Ek het Jesus gevind in Crosby’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Isabella (Issie) Joubert van Durbanville skryf:

Ek woon tans in die Kaap. Ek is 73 jaar oud.

Ek het as dogtertjie grootgeword in Crosby en was daar tot 21 jaar oud. Ek het Jesus daar gevind. Ds Theuns Botha was ons leraar en sy vrou het vir my skoolgehou. Ek het self later Sondagskool gegee en Kinderkrans.

Dit is met heimwee dat ek hoor die gebou word verkoop, maar ons weet Jesus leef. Ek is tans lid van Sonstraalgemeente in Durbanville, maar ek het my voete gevind in Crosby.

Dankie vir die artikel (Elders gelees: As die kerkklok die laaste keer lui…).

.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top