Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Boek bied ’n nuwe perspektief op leierskap vir missionale gemeentes

Polycentric leadership: Toward a new theoretical model for global leadership deur Joseph W Handley, Jr

Uitgewer: Regnum Books International, 2022

Resensent: Arnold Nadel

Net nog ’n leierskapsboek? Beslis nie. Handley bring ’n nuwe perspektief vir missionale gemeentes oor hoe leierskap kan funksioneer. Die doel is om aan te toon hoe die gesamentlike leierseienskappe in die gemeente gebruik kan word om optimale uitkomste te verseker, meer verteenwoordigend as die hiërargiese sisteem wat in baie gemeentes heers. Hy verwys in hoofstuk 2 na die Triniteit en meld dat polisentriese leierskap juis daar sy ontstaan het. Polisentriese leierskap is ’n nuwe leierskapsparadigma wat verwys na leierskap wat strek oor verskeie terreine van beïnvloeding en verskeie sentrums van outoriteit het, juis as gevolg van diversiviteit.

Wanneer ’n gemeente ten volle missionaal wil funksioneer, met lidmaatbemagtiging as ’n sentrale element, sal Handley se leierskapsparadigma voldoende uitdagings daarstel. Hy verwys na Efesiërs 4:7-16 as ’n model wat waardetoevoegend kan wees in vandag se uitdagende tye. Die doel is juis dat die gemeente haar regmatige plek in die vloeibare omgewing moet kan terugneem. Handley maak gebruik van ses temas uit sy navorsing om polisentriese leierskap te beskryf, naamlik samewerking, gemeenskaplikheid, diversiteit, entrepreneurskap, verhoudings en charisma. Hy sluit die boek af oor hoe polisentriese leierskap binne sendingorganisasies toegepas kan word.

Handley bied nuwe insigte wat nog vele navorsing verg, sodat die gemeente die volle waarde van polisentriese leierskap binne ’n missionale konteks sal verstaan en toepas. Die boek is vir leiers met ’n passie vir leierskap en missionaliteit, ook omdat dit baie visionerend en uitdagend is. Dit praat oor die gemeente van die toekoms.

Beskikbaar by Amazon.

Dr Arnold Nadel is ’n emeritus-predikant van die NG Kerk.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top