Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2023

Stories bied ’n nie-bedreigende en egte manier om mekaar se leefwêrelde beter te verstaan. Dit is wat lidmate van ’n Oos-Kaapse gemeente agtergekom het tydens ’n uitreik in die wintervakansie na Nyathi in die ou Transkei. Foto: Verskaf

Om mekaar se stories te wil hoor …


Een verskriklike nag in 2019 het ds Rethie van Niekerk en haar man alles wat hulle besit verloor toe hulle huis afbrand. Die volgende aand het hulle egter blyplek gehad. Van oral het mense goed aangedra en gehelp. “Hulle het vir ons voorsien soos jy nie kan beskryf nie,” vertel sy vir Jaco Strydom. Sy sê hierdie ervaring het haar geleer iets kan gelyk “ontsettend pynlik en beautiful wees”.

Lees ook: Jaco Strydom gesels met Rethie van Niekerk: ‘Iets kan gelyk ontsettend pynlik en beautiful wees’

Die maand Augustus dra vele hoede. Vrouemaand. Maand van Barmhartigheid. Dit is ook die maand waarin die Bybelgenootskap van Suid-Afrika feesvier dat die Bybel hierdie maand 90 jaar in Afrikaans beskikbaar is.

Geborg

By elkeen van hierdie temas sou ’n mens kon sê dit is tegelyk pynlik en ook mooi. Soos die meeste goed in ons pragtige, stukkende land is die aanspreek van die uitdagings binne hierdie temas kompleks.

Elkeen se storie verskil oor wat vrouwees, omgee vir ander en geloofstaal vir ons beteken.

Lees ook: Nadia Marais oor Afrikaans as geloofstaal: Praat ek mense-, eng’letale

Stories bied ’n nie-bedreigende en egte manier om mekaar se leefwêrelde beter te verstaan. Dit is wat lidmate van ’n Oos-Kaapse gemeente agtergekom het tydens ’n uitreik in die wintervakansie na Nyathi in die ou Transkei. ’n Groepleier, ds Joe Janse van Rensburg, het in Grens.Pos van 4 Augustus meer hieroor vertel en onder meer gesê: “Dit het ons in staat gestel om met groter begrip, samehorigheid, vertroue en versoening deur middel van mense se stories verhoudings te kon bou”.

  • Heléne Meissenheimer is joernalis by Kerkbode. 

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand