Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ds Hein Enslin, saam met sy kat, in sy ongewone Bosveldpastorie. Foto's: Le Roux Schoeman

Elders gelees: Biogas van beesmis, buitestort en Bosveld-pastorie – Kerkbode kry ‘groen storie’ in Limpopo

Die storie van die pastorie van ds Hein Enslin van Limpopo NG Gemeente is tot groot mate ook ’n groen storie, berig Le Roux Schoeman wat tans op ’n storietoer vir Kerkbode is.

Hy vertel hierdie Limpopo-ds vul sy konvensionele gasverbruik aan met biogas wat kom van ’n bakkievrag beesmis wat hy in twee 1000 liter tenks onder bome buite sy huis (twee containers en ‘n aanbousel) brou tot metaalgas afgeskei word. 

“‘n 19 kg tenk hou nou sommer 5 jaar,” vertel Enslin.

Hier volg nog foto’s soos gedeel deur Schoeman oor sy Bosveldbesoek op Kerkbode se Facebookblad:

Die biogas kom van ‘n bakkievrag beesmis wat hierdie Limpopo-dominee in twee x 1000 liter tenks onder die bome buite sy huis brou.
Hierdie Bosveldpastorie bestaan uit twee lugvraghouers en ‘n aanbousel.
Die 73-jarige Johan van Wyk durf in die somer graag in kortbroek en Crocs die paar kilos aan van sy plaas tot by die spitsdakkerk van Matjesfontein, eerste bedieningspunt van ds Enslin op ’n Sondagoggend. Die foto is Maandag geneem met agterop heiningmaker Juvenal Nhamua en voor Johan se hondjie Maggie.
  • Kerkbode is op ‘n storietoer na “Wyk Zero” in die verre uithoeke van Mpumalanga en KZN – genoem na die plek waar ‘n plaaslike dominee glo sy formele werk, met die struktuur van gemeente-wyke en leraarpligte, ontmoet met die vloeibare ontelbare lewe daarbuite. Volg ons reis regstreeks op Instagram en laat weet ons waarvoor ons kan uitkyk op ons reis 👣. 

Lees meer oor ‘Wyk Zero’ HIER.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top