Die storie van die pastorie van ds Hein Enslin van Limpopo NG Gemeente is tot groot mate ook ’n groen storie, berig Le Roux Schoeman wat tans op ’n storietoer vir Kerkbode is.
Hy vertel hierdie Limpopo-ds vul sy konvensionele gasverbruik aan met biogas wat kom van ’n bakkievrag beesmis wat hy in twee 1000 liter tenks onder bome buite sy huis (twee containers en ‘n aanbousel) brou tot metaalgas afgeskei word.
“‘n 19 kg tenk hou nou sommer 5 jaar,” vertel Enslin.
Hier volg nog foto’s soos gedeel deur Schoeman oor sy Bosveldbesoek op Kerkbode se Facebookblad:



- Kerkbode is op ‘n storietoer na “Wyk Zero” in die verre uithoeke van Mpumalanga en KZN – genoem na die plek waar ‘n plaaslike dominee glo sy formele werk, met die struktuur van gemeente-wyke en leraarpligte, ontmoet met die vloeibare ontelbare lewe daarbuite. Volg ons reis regstreeks op Instagram en laat weet ons waarvoor ons kan uitkyk op ons reis 👣.
Lees meer oor ‘Wyk Zero’ HIER.
Geborg
