Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Winburg, Vrystaat. Foto's: Le Roux Schoeman

Fotoreis: Die lewe, rondom kerke

Om te verduidelik hoe die storie van die Bybel God se gesag uitoefen, gebruik die teoloog NT Wright ’n metafoor – die ontdekking van ’n onbekende toneelstuk uit die pen van William Shakespeare. Die vyfde bedryf van die stuk is onvoltooid en die stuk kan dus slegs opgevoer word indien toneelspelers in lyn met die bestaande storielyn improviseer.

Die implikasie van Wright se metafoor is dat die kerk ’n aktiewe deelnemer in God se storie is, verduidelik prof Marius Nel in sy omvattende hantering van Wright se insig in Nel se nuwe boek Reframing – Novel metaphors for reimagining the church and the Bible (Bybel-Media, 2023).

Om deel te neem aan die missio Dei, vereis dat lidmate improviseer op ’n wyse wat toepaslik is vir die verhoog waarop dit uitgevoer word (konteks) en belyn is met die oorhoofse storielyn van God se verhaal, verduidelik Nel, ’n dosent in Nuwe Testament aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Teologie.

 Kerkgeboue as agtergrond eerder as voorgrond

Gedagtig aan hierdie krag van heromlying en die idee van die soort verhoog waarop kerkgeboue in dorpe staan, begin ek tydens ’n onlangse reis spesifiek oplet na die tonele rondom kerkgeboue. En laat die kamerasluiter afdwaal na of toeslaan op die stories wat sommernet en sommerso vertel kan word. Die gevolg, ten minste vir hierdie kyker, is nuwe waardering vir kompleksiteit, skoonheid, vreemdheid en moontlikheid.

Warden.
Winburg.

 

Swartruggens.
Skadu by Steenbokpan: Die een kerkgebou van NG Gemeente Limpopo, in die Ring van Northam, se twee kerkgeboue in die Bosveld.
Trompsburg.
Winburg.

 

Reddersburg.
Vrede.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top