Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Boek: Ervaring en wysheid help skrywer om ’n mooi ‘kaart’ vir ander te skep

Die stem van die Herder: Die lewensaar van ’n dissipel

Deur Deon Loots

Uitgewer: CLF, 2023

Resensent: Fanie (SJ) Herholdt

Dit is verfrissend om ’n gesprek te volg van ’n Afrikaans-gereformeerde met onder andere ’n Spaans-katolieke non, ’n ryk Franse vrou, ’n arm Russiese pelgrim, ’n Kopties-ortodokse monnik, ’n akademiese Protestant, ’n hedendaagse filosoof en ’n Amerikaanse motiveringspreker.

Die Goeie Herder het skape in ander krale! Deon Loots het hulle opgesoek en sy/ons Suid-Afrikaanse, gereformeerde raamwerk verryk. Dit is verhelderend, want steriele ortodoksie-argumente word vermy ter wille van lewendige orto-praktiese wenke, beginsels en tegnieke. Loots is oral eerlik dat hy sy gespreksgenote “gebruik” vir hierdie doel.

Dit is duidelik dat Loots ervare en wys is. ’n Mens hoor sy passie – beide as entoesiasme en pyn. Dit is eg en mooi en laat ’n mens na hom luister.

Die boek is nie ’n reseppie nie. Dit is ’n padkaart met genoeg riglyne dat jy met vreugde self die pad kan vind.

Stilisties sou dit goed gewees het as hy elke keer sy gespreksgenoot voorgestel het. En miskien kon hy Guigo II gebruik as ’n interessante bron van die lectio divina.

 

    • Beskikbaar by CLF.
  • Dr Fanie Herholdt is ’n afgetrede NG predikant in Kuilsrivier.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top