Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Brief: ‘Ons is God se goeie nuus’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Piet Niemand van Klerksdorp skryf: Dit word geglo dat Klerksdorp-Oos-gemeente ’n storie van geloof, hoop en liefde het wat u kan opvolg.

Die kerkraad het aan die begin van 2022 besluit om vir dr WJ Schoeman uit te nooi vir ’n preekbeurt en onderhoud met die oog op beroeping. Die besluit is geneem met volle kennis van die persoonlike omstandighede van mevrou Lorinda Schoeman. Sy het as tiener heeltemal doof geword. Dit kon reggestel word met inplantings. Op 21-jarige leeftyd het sy totaal blind geword. Sy is redelik onafhanklik maar het tog begeleiding nodig.

Met volle wete van die probleem het die kerkraad besluit om dr Schoeman as enigste gemeenteleraar te beroep. Hy het op 1 Julie 2022 diens aanvaar.

Soos in enige gemeente moes die leraarspaar hulle voete vind wat in dié geval ekstra moeilik was omdat die pastorie ’n dubbelverdiepinghuis is. Nogtans het Lorinda betrokke geraak in die gemeente. Sy het die vrouelidmate georganiseer in ’n vrouevereniging “Voetspore van Hoop”. Sy is betrokke by alle werksaamhede van die vereniging asook hulle projekte. Sy was ’n gewilde motiveringspreker in Klerksdorp voordat sy swanger geraak het. Hulle babadogtertjie Mia is op 20 September 2023 gebore. Ons as gemeente weet dat daar baie uitdagings vir die pastoriepaar voorlê maar glo dat die Gees van God hulle sal lei.

U kan ’n volledige storie van hulle kry wat die gemeente se leefwyse “Ons is God se goeie nuus” weerspieël.

Hulle kan gekontak word vir volledige inligting by: Dr WJ Schoeman, e-pos: wjschoeman@gmail.com en mevrou Lorinda Schoeman, e-pos: lorindadiedericks@gmail.com

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top