Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

In Sonneblomme & sneeu in Oekraïne vleg Michele Potgieter ’n persoonlike getuienis met die verhaal van die ontstaan van ’n geloofsgemeenskap in Reni, Oekraïne skryf Pieter Steyn.

Boek: Michele Potgieter se aangrypende getuienis uit Oekraïne

Sonneblomme & sneeu in Oekraïne deur Michele Potgieter
Uitgewer: Lux Verbi, 2023
Resensent: Pieter Steyn

In Sonneblomme & sneeu in Oekraïne vleg Michele Potgieter ’n persoonlike getuienis met die verhaal van die ontstaan van ’n geloofsgemeenskap in Reni, Oekraïne.

Die Potgieters vertrek as pasgetroudes na Oekraïne om met die minimum voorbereiding die evangelie te bring. Hulle kry te make met agterdog, asook dwarsboming deur die owerheid en selfs geweld en druk vanuit georganiseerde misdaadgroeperinge.

Potgieter is nugter en eerlik oor haar worstelinge. Aanpassing in ’n vreemde kultuur, die bittere koue en min mense wat hoegenaamd Engels kan verstaan, eis ’n emosionele en geestelike tol. Aan die ander kant is daar die klein groepie gelowiges wat hulle met liefde ontvang en die gasvryheid van die Oekraïense bure. Die gebruike van die Oekraïners begin deel van haar lewe word en Oekraïne kruip in haar hart. Oekraïne word die land waarin sy haar kinders grootmaak en haar lewe uitgiet.

Lees ook: Michele se roeping in Oekraïne: ‘Die Here het my van vrees vrygemaak’

Na Ockert se dood tydens ’n besoek aan Suid-Afrika, keer Michele terug na Reni. Sy loop haar vas in pogings om die bediening te ontwrig. Kort daarna val Rusland Oekraïne binne. Die ontreddering van die oorlog en vlugtelinge wat deur Reni stroom, skep nuwe bedieningsmoontlikhede vir die gemeente.

Sonneblomme & sneeu in Oekraïne is ’n verhaal wat vertel van die Here se trou in die moeilikste omstandighede, van ’n sendelingegpaar wat gewillig is om met geloofsmoed die prys te betaal, en van die Here self wat vrug in oorvloed gee.

Met Oekraïne daagliks in die nuus, kom hierdie boek uit ’n ander hoek met ’n aangrypende getuienis.

Beskikbaar by NB Uitgewers.

Pieter Steyn het vir elf jaar in die Oekraïne gewoon en is verbonde aan Kingfisher Mobiliseringsentrum.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top