Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Kerkbode Kollig Episode 3: In saamloop lê hoop


As daar nou binne die NG Kerk ’n keuse is tussen kom ons maak vrede met mekaar en ons probeer die pad saamloop teenoor nee, kom ons skei die weë … dan is dit vir my eersgenoemde.”

So sê ds Jan Lubbe, dominee van Bloemfontein en tans voorsitter van die Algemene Sinode van die NG Kerk. Hy het hierdie week opgetree as voorsitter van ’n vergadering van die Algemene Sinode Moderamen (ASM) van die NG Kerk.

Ons het twee keer hierdie week met hom gesels. Voor en na hierdie belangrike vergadering.

Geborg

Dit was onlangs in die nuus dat Strand Moedergemeente hulle verbintenis met strukture van die NG Kerk soos die Algemene Sinode en hulle plaaslike ring opgegee het maar steeds as NG Kerk wil identifiseer. Dit het by die vergadering geblyk dat daar reeds tussen 17 en 18 gemeentes is wat hierdie stap geneem het. In ons vooraf gesprek het ons onder meer vir hom gevra hoe hy voel oor gemeentes wat hierdie stap neem en hoe hy hoop dit binne die kerk hanteer gaan word.

“My eerste gevoel hieroor is een van hartseer,” het hy gesê.

Die ASM bestaan uit ’n groep van sowat 60 verteenwoordigers wat die Algemene Sinode se werksaamhede help bestuur in die vier jaar tussen vergaderings van die Algemene Sinode. Hulle vergader gewoonlik twee keer per jaar. Die afgelope week s’n in Benoni was die eerste keer wat hulle bymekaar gekom het sedert die Algemene Sinode in Oktober. Le Roux Schoeman, Kerkbode-redakteur, het vanuit hierdie vergadering berig dat ruim tyd bestee was aan gesprekke rondom kerkverband en kerkskeuring.

Lees meer: NG Kerk hoef stééds nie te skeur, sê Lubbe ná regslui gemeentes se ‘aktes van opskorting’ kap en as ‘vreemd aan die Kerkorde’ bestempel

Daar is ook ’n video van Le Roux se gesprek met Lubbe oor die terugvoer vanaf die NG Kerk se Algemene Taakspan Regte (ATR) oor die regsgeldigheid van die “aktes van opskorting” wat sekere gemeentes ingedien het.

‘Nie ter wille van onsself nie’. Dit is die leuse van die NG Gemeente Tygerpoort in die ooste van Pretoria. Hierdie gemeente het 50 mense op hulle personeel. Dit is omdat iemand in die gemeente jare terug ’n behoefte in hulle gemeenskap raakgesien het vir vroeëkinderontwikkeling. Wat toe as ’n speelgroepie begin het, is vandag vier volwaardige opvoedkundige sentrums wat aan honderde kinders ’n veilige plek van versorging bied deur die week.

Lees meer: Kerk wat werk: NG Gemeente Tygerpoort in Pretoria skep werk vir 50 mense

Geborg
Die NG Gemeente Tygerpoort het hulle jaar afgeskop met ’n personeelspanbou en opleiding. Foto: Argief

Kerkbode Kollig is ’n nuwe saamluisterprojek. Dit bestaan uit weeklikse podsendings gevul met insetsels oor kerknuus, geloofstories en gesprekke om jou in te lig, te laat nadink en te inspireer. Elke Sondag word ’n nuwe episode op Kerkbode se webblad gelaai. Laai gerus die gratis Kerkbode-toepassing af op jou selfoon om saam te kan luister.

Deel gerus nuuswenke per e-pos na kerkbode@tydskrifte.co.za


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand

Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.