Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Wat is die Bybelse argument vir of teen die erkenning van verbintenisse tussen mense van dieselfde geslag? André Bartlett se standpunt.

BOEK: Ervare hand gee praktiese riglyne vir stil word met die Woord


Naby die kruis deur Willem Nicol

Uitgewer: Bybel-Media, 2024

Resensent: Deon Loots

Willem Nicol is een van die mees kundige teoloë oor die kontemplatiewe tradisie in Suid-Afrika. In hierdie kort, praktiese boek stel hy weereens nie teleur nie. Hy help ons om te verstaan dat hierdie spesifieke manier van omgang met die Skrif, nie vreemd is aan ons eie tradisie nie.

Nicol deel nie net op ’n rasionele vlak sy eie insig nie. Hy nooi sy lesers eerder uit om self met die Woord stil te word en toe te laat dat die Woord met ons werk. Daarvoor gee hy baie praktiese riglyne vir diegene wat moontlik nog nie in die kuns geoefen is nie. Hy gee ook kosbare riglyne oor hoe om af te skakel en jouself in te stel vir die luisterende omgaan met die Woord.

Ook vir die sewe groepsbyeenkomste word baie praktiese riglyne gegee. Hierdie riglyne sal die groep help om die materiaal nie net rasioneel te bespreek nie. Dit kan net lei tot ’n opregte deel van elkeen se outentieke geloofservaring en “hoor” van die teks. My oortuiging is dat dit sal lei tot ware gemeenskap van die gelowiges, wat baie verrykend vir elkeen in die groep sal wees.

As daar enige groep is wat moontlik soek na kleingroepmateriaal wat tot ware geestelike verdieping kan lei, is dit nie nodig om verder te soek nie. Hier is werklik ’n skat in ons hande geplaas, wat kom uit die pen van iemand wat oor baie jare deur beide navorsing en ondervinding gevorm is in die kontemplatiewe tradisie.

Beskikbaar by Bybel-Media.

Ds Deon Loots is die skrywer van verskeie boeke oor onder andere dissipelskap en geestelike direkteur by die Shama Retraitesentrum in Steytlerville.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.