Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Brief: ‘Postmoderne epistemologie kan nie gereformeerd wees nie’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


Johan Janse van Rensburg skryf: Die polarisering binne die NG Kerk verwys. Albei partye wil by ’n gereformeerde verstaan van die evangelie uitkom. Ons is immers ’n gereformeerde kerk.

Verskillende vertrekpunte veroorsaak egter dat ons nie by dieselfde doelwit kán uitkom nie. ’n Gereformeerde paradigma verteenwoordig ’n bepaalde verstaan van die Skrif, soos dit in die belydenisskrifte uiteengesit word. Van hierdie belydenisskrifte getuig ons dat dit gesag dra omdat dit met die Woord ooreenstem. So glo ons, getuig artikel 1 van die Nederlandse Geloofsbelydenis. Dit is altyd ’n beweging van Skrif en Belydenis na die praktyk van die lewe.

Daar is egter ’n ander beweging, nie van Skrif na praktyk nie, maar van postmoderne konteks na die Skrif. Die Skrif word geïnterpreteer aan die hand van die vraagstukke en behoeftes van die dag. ’n Postmoderne verstaan van tekste getuig eenvoudig anders as ’n gereformeerde interpretasie van die teks. Daarom verskil ons met mekaar oor wat die teks bedoel om te sê.

LEES OOK: Verdeeldheid: As die pole juig en die middel swyg

Arme lidmate. Hulle is op ’n bepaalde manier geleer om die Skrif te verstaan. Kommentare, preke en stigtelike oordenkings het die Skrif vir hulle blootgelê. Maar nou word hulle deur sinodebesluite oortuig en selfs geleer om die teks anders te verstaan. In Paulus en Calvyn se tyd het die Skrif nie die LGBTQ+-beweging gesteun nie.

Vanuit ’n postmoderne vertrekpunt lei die LGBTQ+-werklikheid die kerk om die Skrif anders te verstaan. So ook met die verstaan van die duiwel, die opstanding van Christus en vele meer.

Só kom ons dan by verskillende uitkomste, verskillende teologie en kerklike praktyk. Albei standpunte is oortuig dat hulle die Bybel reg verstaan. Maar net een party kan by ’n gereformeerde identiteit uitkom. En dit is die enigste uitkoms wat integriteit aan die naam Nederduitste Gereformeerde Kerk kan gee.

’n Postmoderne epistemologie kan per definisie eenvoudig nie gereformeerd wees nie.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

1 thought on “Brief: ‘Postmoderne epistemologie kan nie gereformeerd wees nie’”

  1. Wat my ontstel is dat sommige van die behoudende dominees in wese vredemakers is wat nou, deur welmenende mede predikante (in opregdheid) aangeraai word om nie met die meningstryd vol te hou nie in die naam van vrede.
    My vraag is nou:
    Is vrede en die wankelrige voortbestaan van die kerk belangriker as gehoorsaamheid aan Gods Woord?

Comments are closed.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top