’n Ekumeniese drukgroep geniet wye steun van kerkleiers vir die stelselmatige daarstel van ’n universele basiese-inkomste-toelae (Ubit) in Suid-Afrika, waarvolgens minstens R760 per maand aan diegene tussen 18 en 59 betaal sal word, in ’n poging om ekstreme armoede in Suid-Afrika te help verlig. Le Roux Schoeman doen verslag.
Tydens ’n winderige winter waarin reën van die damme rondom Kaapstad tot die hoogste vlakke in ’n dekade laat styg, breek Cindy* se sambreel. Geld vir ’n reënjas val buite haar begroting.
Cindy (58) woon in ’n sinkhuis in Mfuleni, sowat 30 km buite Kaapstad. Haar elektrisiteit hou meestal net die eerste paar weke van ’n maand, vertel sy aan Kerkbode. Daarna braai en verkoop sy hoenderpote teen R1 elk vir ekstra geld om nog te koop. Ondernemingsgees hou die ligte en die toaster aan in hierdie shack.
Cindy is nie haweloos, werkloos of in die kloue van verslawing nie. Sy ly nie aan enige kompulsiewe gedrag nie … Anders as om heen en weer te pendel na die voorstedelike huise wat sy vir mense skoonmaak om die R3 000 per maand te verdien waarmee sy haarself en twee van haar dogters versorg.
Sy is wel een van miljoene Suid-Afrikaners wat in ’n siklus van armoede leef. En die mate waartoe die nuwe regering van nasionale eenheid (RNE) juis sulke mense kan help, is dié maatstaf waarmee sukses gemeet moet word, meen ’n aantal prominente kerkleiers wat onlangs in Kaapstad saamgetrek het.
‘From the bottom up’
Aartsbiskop Thabo Makgoba van die Anglikaanse Kerk en senior kerklui van onder meer die NG Kerk en VG Kerk het op 25 Julie in Woodstock, Kaapstad met ’n simboliese gebaar onderneem om hulle stem te voeg by dié van plaaslike politici, ekonome en aktiviste wat hulle beywer vir die stelselmatige daarstel van ’n universele basiese-inkomste-toelae (Ubit) van minstens R760 per maand aan diegene tussen 18 en 59 in ’n poging om ekstreme armoede in Suid-Afrika te help verlig.
“Providing a guaranteed minimal level of income frees people out of the vicious cycle of poverty and it must be a prerequisite for our country in order to achieve inclusive economic development. It will promote local economic development – bottom up” het Makgoba via ’n video-boodskap gesê.
NGK ‘reis saam’
Dr Nioma Venter, die algemene sekretaris van die NG Kerk, en prof Leepo Modise, die moderator van die VGK, was onder afgevaardigdes wat na afloop van die halfdag-samekoms van sowat 30 mense hulle handtekening as onderneming van ondersteuning van die saak gebied het. “We know that inequality is a complex matter, but we need to acknowledge that 25% of South Africans do not have the ability to live above the (Food Poverty Line) of R760 per month … It’s unbearable to think of. And also unacceptable,” aldus Venter. Sy het tydens ’n kort spreekbeurt by die geleentheid bygevoeg: “If I have to commit to something today, to stand for something, it is to say, we are here. The DRC is in this conversation. As part of the World Communion of Reformed Churches (WCRC) we are here. We share the sentiments of our religious conviction and we share the love for God’s people in South Africa. We are here and are on the journey with this platform to journey further on this matter.”
Where God stands
Prof Modise het gesê: “We need to stand where God stands. We need to make the poor the centre of our agenda. Therefore URCSA fully supports the initiative, it’s not just beneficial but an imperative where poverty, inequality and unemployment are the norm.”
Die geleentheid in Woodstock was ook die amptelike bekendstelling van die Global Reformed Advocacy Platforms for Engagement (Grape) se jongste projek wat spesifiek vir ’n Ubit argumenteer. Grape-leiers het benadruk hoe en hoekom geloofsleiers aan die debat kan deelneem in hulle gemeenskappe: “(C)hurches, with their intimate connection to communities and their local, national, regional and global networks, have a pivotal role in leading the pursuit of social and economic justice by advocating for this structural intervention to create a more equitable and sustainable future for all.”
Min steun vir werkloses
Sowat 24,4% van Suid-Afrikaanse huishoudings sê tans dat maatskaplike toelae (grants) hulle hoofbron van inkomste is. Te midde van die vraag oor of die land hoegenaamd ’n Ubit kan bekostig, is die teenvraag of die land kan bekostig om nié die ekonomie – die mees ongelyke ter wêreld – te herstruktureer nie. “South Africa does not have any permanent income support for able-bodied people between the ages of 18 and 59, even though a large number of them have no income or means of survival due in large part to the unavailability of employment,” luidens ’n verklaring deur Grape.
LEES OOK: Historic launch of the South African GRAPE platform in Cape Town
Waak teen wanopvatting
Dit is tyd vir ’n nuwe “ontwikkelingsparadigma” in Suid-Afrika, wat gebaseer is op insluiting en regte,” het dr Kelle Howson, ’n navorser verbonde aan die Instituut vir Ekonomiese Geregtigheid, gesê.
En dit is belangrik om te verstaan wie die teenstanders van ’n meer gelyke samelewing is, meen sy. (Dit is) naamlik toksiese beleid en wanopvattings oor wat sosiale bystand behels. Ons praat nie van welsyn en “handouts” nie, maar van bemagtiging en geregtigheid, het Howson benadruk.
“This is both a moral (issue) and also based on evidence. There is local and international research that shows when we give cash to the poorest people in our communities, overwhelmingly, they use it to build a foundation for sustainable livelihoods, to further their education, to gain critical skills, to enter the workforce, to search for a job, to start businesses.”
Om die onsigbare te sien
Eerw Bonganjalo Mbenenge van die VGK het tydens die bekendstelling daarop gewys dat vele deelnemers aan die gesprek self middelklas is. “You see, if you live in the suburbs, you don’t see poverty … it’s a myth. Because everything around you seems to be fine …” Mbenenge het gesê dit is belangrik dat predikers lidmate juis binne armoedige gemeenskappe moet lei. “As our leaders sign (the petition) may we see the unseen and think of those people we really don’t see.”
Makgoba wys op die geleentheid maar ook plig van politieke partye: “Now is a critical moment for action in the history of our country. All parties in the new GNU have put the fight against poverty, inequality and unemployment in their manifestos … now they not only have the opportunity but the obligation to put the necessary strategies on top of the agenda.”
*Skuilnaam. Kerkbode weerhou die persoon se identeit op haar versoek.
Die kerklui se bedoeling is duidelik edel. Mens wonder net hoeveel die kerkleiers eers fokus op ‘n groot oorsaak van die armoede, dit is die ekonomiese stagnering en inflasie as gewolg van wanbestuur en korrupsie. Wanneer dit reggestel word behoort die daaropvolgende genoegsame ekonomiese groei by te dra dat dit nie nodig behoort te wees om verdere druk op ‘n krimpende belasting basis te plaas vir Ubit nie.