Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Resensie | Geroep vir ’n tyd soos hierdie (Farren Cloete): Ook jy is geroep!


Geroep vir ’n tyd soos hierdie deur Farren Cloete

Uitgewer: Lux Verbi, 2024

Resensent: Karlie Liebenberg

Koop hierdie boek aanlyn: Beskikbaar by Bybel-Media

In Geroep vir ’n tyd soos hierdie vertel Farren Cloete haar roepingsverhaal, hoe sy deur die soet en die suur van die lewe, deur middel van haar andersheid steeds kies om gehoorsaam te wees aan die Here en veral haar roeping.

In ’n gemaklike, verstaanbare taal daag Cloete haar lesers uit om self na te dink oor hulle roeping. Sy maak dit duidelik dat elkeen van ons geroep is. Elkeen se roeping is uniek en anders. Die kuns is om by God te gaan stilword om jou roeping te ontdek. Nadat jy jou roeping ontdek het is die moeilikste deel om dit uit te leef, want dit vra dat ons uit ons gemaksone moet kom.

As ’n universiteit-klasmaat van Cloete was ek deel van die “Breakfast Club” waarna sy in haar boek verwys, daarom is dit dan ook ’n groot voorreg om die resensie van haar eerste boek te kan skryf.

Doen jouself ’n guns en gaan lees Farren se boek. Mag ons elkeen opnuut deur hierdie boek bewus raak van ons roeping hier op aarde. En mag hierdie boek jou so inspireer om jou roeping te gaan uitleef. Iemand het eendag gesê: “Onthou, die lewe begin buite jou gemaksone.”

Ds Karlie Liebenberg is ’n predikant by Bredasdorp-gemeente (gesamentlike gemeente van die VG en NG Kerk).


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.