The Bible: A global history deur Bruce Gordon
Uitgewer: John Murray Press, 2024
Resensent: Henco van der Westhuizen
Die Yale-historikus Bruce Gordon, die skrywer van onder andere The Oxford Handbook of Calvin and Calvinism (Oxford) asook John Calvin’s Institutes of the Christian Religion (Princeton 2016), vertel in The Bible: A global history die verhaal van die Bybel.

Een van die treffendste beelde wat Gordon gebruik, is dié van die Bybel as ’n vlugteling. Die Bybel kan byvoorbeeld gesien word as ’n vlugteling wat op verskeie kuslyne uitgespoel het – ’n pelgrim deur die geskiedenis, wat self ook geskiedenis voortbring en waardeur geskiedenis verstaan kan word.
Die boeke van die Bybel in hulle vroegste vorme is geskryf, herskryf, oorgeskryf, weer herskryf. Wie geskryf het maak saak, wie oorgeskryf het, maak saak: “O, you lucky reader, before you touch a book, wash your hands, turn the pages carefully and keep your fingers well away from the letters! For someone unable to write cannot imagine what an immense labor it is” (bl 25).
Gordon se boek is ook ’n verhaal van vertalers. Die boeke van die Bybel is geskryf in tale wat Christene byna nooit kon lees of verstaan nie. Die Bybel se lewe was nog altyd in vertaling, in aansluiting by die vlugteling-metafoor. Dikwels het dit die tale gevorm waarin dit gebring is – ook taalwêrelde. Só spreek dit voortdurend tot nuwe gemeenskappe in hulle eie taal en laat mense toe om hulle storie daarin te vind – of nie: “Translators are never impartial and are always present in their work. They make crucial decisions, their choices shaped by cultural contexts and religious inclinations. They domesticate the biblical text by accommodating it to their specific audience, aware of the words and phrases spoken … As the wave of translations prolifered during the Bible’s first millennia of existence, these choices revealed different communities, each struggling to hear God in its own language” (bl 43).
The Bible is inderdaad ’n global history. Volgens Gordon is die Bybel die mees globale van boekbiblioteke. Dit is die geval juis omdat die woorde wat die Bybel geword het, van die begin af onrustig alle bekende grense oorgesteek het. Die Bybel het nooit ’n vaste tuiste gehad nie.
Dalk is Gordon se slotsom, dat die Bybel dáár Bybel is: juis waar dit nie ’n vaste tuiste het nie, waar dit bekende grense oorgesteek het, daar waar dit ten minste óók ’n onrustigheid laat.
Dáárom dalk ook dat op die voorblad Christus die Bybel vashou. Dit is alleen Christus wat ’n houvas het op die Bybel. Dít is dan ook waarteen Gordon se vertelling van die verhaal waarsku: die Bybel is tog méér as wat die Bybel sê!
In sy woorde: “The story of the Bible is not merely the story of a book. It is a story of the divine conversation that was never limited to bound pages. Throughout most of its history, the Bible has been read by only a few. Most people encountered it – they heard it, talked about it, prayed with it, or saw it in worship; its stories were told in paintings and drawings both crude and exquisite. Across the centuries, generations of Christians have been highly biblically literate without reading … The story of the Bible is thus the story of a life force, experienced positively and negatively by all the human senses” (bl 7).
The Bible is ’n verhaal van ’n voortgaande reis – die bestemming is die reis!
“The Bible remains inexhaustible” (bl 437), aldus Gordon.
Prof Henco Van Der Westhuizen is Mede-Professor in Sistematiese Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en Konsultant vir Faith and Order.

Hierdie artikel oor die ontstaan en voortdurende beter verstaan en herintepretasie van die Bybel is tog so logies. Hoekom is dit so moeilik vir Christene om dit met/in in so ‘n gesindheid te lees en te interpreteer? Waarom die woorde, metafore, gedagtes, wat tyd- en plekgebonde is, so letterlik verstaan? Dis tog eenvoudig om te verstaan wat die skrywer sê: daar was baie skrywers, herskrywers, mense van verskillende tale en lande en agtergronde wat medegewerk het. En vandag is daar steeds nog nuwe vertalings, wat die konteks, lewensuitkyktydsgewrigte, plekke en tye van die van die verhale moet in ag neem om by ‘n egte eksegese en interpretasie uit te kom. Dis mense met ‘n diep kennis van die betekenis van Aramees en Hebreeus, wat dan kan sien dat die bv Griekse vertaling nie reg laat geskied en die ware betekenisse nie. Of dat deur kerkleiers gemanipulere is tot dogma wat hul mag en beheer oor ander mense pas. Een voorbeeld : die Hebreeuse beskrywing van Maria beteken “sy was ‘n jong meisie” en nêrens beteken die woord/term dat sy was ‘n maag nie. Josef was die vader van Jesus, en hy was uit die stam van Dawid. Maar van hom hoor mens niks verder nie. Ek kan my maklik indink in haar omstandighede, en waarom die skrywers haar ‘n maagd genoem het, wat Jesus moes bevestig as ‘n mitiese figuur, goddelike mens (volgens die tipiese Griekse mitologie). Natuurlik was hy so buitengewoon en uitsonderlik dat ons Jesus as Immanuel beskou, die Woord wat vlees geword het, die inkarnasie van die God, Skepper/ Gees, die seun van JWHW, wat verkondig het wie sy Vader is, en hoe Sy koninkryk lyk. Na Sy kruisdood is Jesus
wedergebore en beskryf met die titel van Christus, wat die hooffiguur geword het van ‘n radikaal nuwe religie, die Christendom, wat die Romeine gekaap het vir hulle wêreldoorheersing. En tot vandag word Sy credo, die Bergpreikasie, selde van selde gepreek en verduidelik, want dis nog steeds te radikaal, en onaanvaarbaar vir die egoïstiewe self.