Die dagbestuur van die Algemene Sinode se Moderamen (ASM) van die NG Kerk het “met hartseer” reageer op die besluit wat op 20 Maart in Windhoek deur afgevaardigdes van die NG Kerk in Namibië geneem is om hulself “los te maak van Algemene Sinodale verband.”
“Ons respekteer ook die erns en sorgvuldigheid waarmee (NG Kerk in Namibië) die afgelope vyf jaar oor hierdie stap besin het en in verskeie ontmoetings daar én hier, met ons daaroor in gesprek was,” lui die skrywe van die dagbestuur. (Lees die volledige skrywe hieronder – Red).
“Ons hoop om spoedig van die NG Kerk in Namibië te verneem en hul amptelik te kan ontmoet ten einde duidelikheid te verkry oor hoe ons hul besluit teologies moet verstaan, oor hoe hulle die pad vorentoe sien en oor hoe ons op ʼn nuwe en welwillende wyse ons gedeelde Christelike getuienis in Suider-Afrika sal kan laat hoor.”
Die besluit wat die NG Kerk in Namibië vandeesweek geneem het, praat van ’n “nuwe bedeling” en ’n soeke na samewerking en ondersteuning met “ander rolspelers in die koninkryk”.
LEES OOK: NG Kerk Namibië tree ná jarelange proses uit verband met NG Kerk se Algemene Sinode
LEES OOK: Lesse vir Suid-Afrika uit die NGKN se sinodale proses
KYK OOK: Uiteenlopende reaksie: NG Kerk in Nam maak bande los met Algemene Sinode
Lees die ASM se verklaring hieronder.

DIE MATTEUS 18-PAD: As jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin; maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan. En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die HEIDEN EN DIE TOLLENAAR. (Mat.18.15-17.AFR53)
Geagte Kerkleiers
Dit is met groot ondersteuning van my kant dat ek verneem dat die Namibie N.G weg bruik van die Algemene sinode RSA.
My personlike siening is dat die Algemene sinode RSA skriftuurlik afgedwaal het.
My opregte steun en voorbidding vir NG Namibië
Sëen groette
Danie Strauss
Julle aanbid verskillende gode en hoef nie saam te koek nie.