Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Podsending | Gemeentes met stories wat met teologie praat – Dr Marelize Maritz


’n Gemeente wat kwalifiseer as ’n “baken” vir die toekoms van die NG Kerk het ’n verhaal van aanpas by veranderde omstandighede wat ’n prentjie van hoop skets. Só vertel dr Marelize Maritz, ’n akademiese navorser van die Vrystaat wat spesialiseer in praktiese en missionale teologie. Heléne Meissenheimer het vir Kerkbode se Kollig-podsendingreeks met haar gesels (sien ook video heelonder).

Maritz is mederedakteur saam met drr Lourens Bosman en Mias van Jaarsveld van die boek, Bakengemeentes: Nagedink oor roeping en getrouheid. Dit bevat 26 gemeentes se stories wat sedert 2019 se Algemene Sinode ingesamel is en toe gekyk is “hoe praat dit met die teologie, wat kan ons daaruit leer”.

Sy vertel hierdie boek, wat ’n hele hoofstuk oor roeping insluit, is bedoel vir teologiese opleiding sowel as ’n praktiese gids vir mense wat beleef dat die kerk, soos sy dit stel, “op ’n vasloopplek is of wat dalk dink ons gaan nie meer bestaan nie, dat die NG Kerk se tyd verby is in Suid-Afrika”. 

Die boek is beskikbaar by CLF.

Meer oor die boek: Die werk sluit kwalitatiewe en kwantitatiewe empiriese data in, versamel deur die NG Kerk se Algemene Taakspan Navorsing, en staan in gesprek met die 2030-droomscenario wat na afloop van die Algemene Sinode van 2019 geformuleer is. Bron: CLF.

Lees ook wat dink ds Rethie van Niekerk van die boek: Boek | Bakengemeentes bied boeiende kyk na kultuurskuiwe binne gemeentes

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top