Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Elders gesien | Wat help vir angs en angsaanvalle? Kenners en lyers deel insigte en raad

Vandag 10 Julie is nasionale Paniekbewusmakingsdag. Sommige angslyers kry paniekaanvalle. Dit is ’n intense belewenis wat soos ’n hartaanval of ʼn beroerte-aanval voel. Volgens kenners ly al hoe meer mense in Suid-Afrika aan angsversteurings en ervaar selfs paniekaanvalle. Kerkbode se sustertydskrif, LiG het met mense gesels wat eerstehandse ervaring hiervan het en het by kundiges raad gevra.

“Ek kry verskriklik warm; dit is asof ek nie asem kry nie. Terselfdertyd voel dit asof my kop heeltemal deurmekaar is; ek weet nie waar ek is nie.”

Só beskryf Natasha Brink* (60) van Bethlehem die paniekaanvalle wat sy reeds sedert 1995 ervaar.

Vir Hannelie de Kok* (34) van Secunda, wat in 2006 hiermee gediagnoseer is, lyk ’n tipiese paniekaanval só: “Ek begin duiselig voel, my hart begin baie vinnig klop. My bors trek toe en dit voel asof ek nie asem kry nie.”

Wilhelm Bester* (33) van Worcester vertel: “Ek sweet vreeslik en kry ontsettend warm. My hart klop asof hy uit my borskas gaan spring. Dit voel asof ek doodgaan.”

Lees die res van die artikel hier.

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top