Johann Sebastian Bach is hierdie jaar 340 jaar gelede gebore. Sy musiek het op kerklike en godsienstige vlak ‘n baie groot invloed uitgeoefen, skryf Ruan du Plooy van Amsterdam gemeente, Mpumalanga in die omvattende lesersbydrae hieronder.
“Bach se musiek was ten volle ontwikkel en alhoewel hy geen nuwe musiekvorms ontdek het nie, het hy die bestaande vorms ten volle ontwikkel en vervolmaak sowel as al die moontlikhede daarvan benut. Só beskou, was hy ‘n groot kreatiewe kunstenaar. Hy was die meester van die kuns van “polifonie” (meerstemmige musiek). Hy het die verbysterende gawe gehad om die onafhanklike dele in sy musiek in te weef in ‘n fyn web van harmonie. Hy was die hoëpriester van die Fuga as musiekvorm, waar hy al sy musiekkennis versamel het in ‘n ‘katedraal van klank’,” skryf Du Plooy.
- Meer oor die skrywer: “Ek stel belang om wyd te lees en kennis te neem van komponiste wat op teologiese vlak ‘n invloed uitgeoefen het. Ek het nog altyd ‘n groot bewondering vir die orrel gehad.”
Geborg
