Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Leraars beweeg (Amptelike nuus 07 November 2025)

BEROEP

Prop Sheldon-Hugh Grahan na Elarduspark.

AANVAAR

Ds D (Deon) Groenewald van Pietersburg-Noord na Edenville; ds EAN (Albie) Steenkamp van Op-die-Berg (tentmaker met opdrag Amos-bediening) na Op-die-Berg, ds PA (Paul) van Jaarsveld van die NHK Wapadrand na Magalieskruin.

WES-KAAPLAND

AANVAAR

Ds Albie Steenkamp dien tans as koördineerder van AMOS Kaap en is aan die NG Gemeente Op-die-Berg gekoppel as tentmaker. Ds Albie het die beroep aanvaar as voltydse leraar by ons gemeente. (Monique van Urk, skriba: NG Gemeente Op-die-Berg, (03.11.2025).

KWAZULU-NATAL

EMERITAAT

Hiermee stel ek, as skriba van die Ring van Amajuba, die betrokke sinodale kantoor, die pensioenkantoor, die Algemene Taakspan Predikantesake en Kerkbode in kennis dat dr Heinrich Theunissen van NG Gemeente Bergsig sy emeritaat aan die einde van Desember 2025 sal aanvaar. (Ds Pieter Kotze, leraar: NG Gemeente Newcastle, 06.11.2025).

Geborg

VRYSTAAT

AANVAAR

Ons bevestig dat ds Deon Groenewald van NG Kerk Pietersburg-Noord die beroep aanvaar het na NG Kerk Edenville en sy kontrak het op 1 November 2025 begin vir ’n vastetermynpos van drie jaar. Ds Deon Groenewald se verwelkoming, intreepreek en bevestiging vind plaas op 16 November 2025 en word gelei deur ds Christo Weideman van NG Kerk Kroonheuwel-Noord. Deon en Ester was by NG Kerk Pietersburg-Noord betrokke vir twee jaar en hy het emeritaat ontvang einde September 2025. Sy kontrak begin op 1 November 2025 vir ’n vastetermynpos van drie jaar by NG Kerk Edenville. (Wouda Wessels, skriba: NG Gemeente Edenville, 07.11.2025).

NOORDELIKE

AANVAAR

Dit is met blydskap dat ek u in kennis stel dat ds Paul van Jaarsveld van die NHK Wapadrand die beroep na die NG Gemeente Magalieskruin aanvaar het. (Diederik Peens, kantoorbestuurder: NG Gemeente Magalieskruin, 03.11.2025).

OOSTELIKE

BEROEP

Proponent Sheldon-Hugh Grahan is by die kerkraadsvergadering van NG Elarduspark op 6 November 2025 beroep as leraar met die fokus op die jeug. (Riaan van Zyl, gemeentebestuurder: NG Gemeente Elarduspark, 07.11.2025).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top