Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 14 November 2025)

  • Hierdie kennisgewings is op 14 November 2025 opgedateer.
  • Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za

BEROEP

Ds GA (André) Agenbag, PSD: Gemeentebegeleiding, Sinode van Wes-Kaapland na Suidoos-Pretoria; ds JS (Hannes) du Plessis van Universitas-Wes na Fichardtkruin; ds MFR (Marnus) Geyser van Marchand na Middelburg, Tvl; prop DF (Dhaniel) Gouws na Ashton; prop Z (Ziandri) Jacobs na Kerk-in-Suid; ds WC (Wouter) van Wyk van Kempton-Kruin na Suidoos-Pretoria.

AANVAAR

Ds LC (Leon) Cronje van Stellenbosch-Welgelegen na Groot-Brakrivier; ds DJ (Danie) Goosen van Groot-Brakrivier na Stellenbosch-Welgelegen; ds CA (Christo) van Staden (emeritus) na Middelburg-Karoo.

WES-KAAPLAND

BEROEP

Graag wil ek die bevestiging deurstuur dat prop Dhaniel Francois Gouws op ’n kerkraadsvergadering gehou op 10 November 2025 beroep is na die NG Gemeente Ashton. (Karla Feuth, skriba: NG Kerk Ashton, 12.11.2025).

AANVAAR

Ds Danie Goosen van NG Kerk Groot-Brakrivier het die beroep na NG Kerk Stellenbosch-Welgelegen aanvaar. Hy word DV daar ontvang en bevestig op 18 Januarie 2026 en lewer ook sy intreepreek op genoemde datum.

Ds Leon Cronje van NG Kerk Stellenbosch-Welgelegen het die beroep na NG Kerk Groot-Brakrivier aanvaar. Hy word DV daar ontvang en bevestig op 18 Januarie 2026 en lewer ook sy intreepreek op genoemde datum. (Carmi Kriel, skriba: NG Kerk Groot-Brakrivier, 10.11.2025).

Geborg

OOS-KAAPLAND

AANVAAR

Hiermee kennis dat ds Christo Abraham van Staden die beroep na NG Kerk Middelburg-Karoo aanvaar het. (Lize Benecke, skriba: NG Kerk Middelburg-Karoo, 13.11.2025).

VRYSTAAT

BEROEP

Hiermee gee die kerkraad van die NG Gemeente Fichardtkruin kennis dat ons tydens ’n vergadering op 9 November 2025 vir ds Hannes du Plessis van die NG Gemeente Universitas-Wes en Striata beroep het. (Lynett Venter, gemeentebestuurder: NG Gemeente Fichardtkruin, 10.11.2025).

NOORDELIKE

BEROEP

Ons beroepingsproses is nou afgehandel en ons deel graag met julle die volgende inligting: Proponent Ziandri Jacobs is beroep as voltydse leraar na Kerk-in-Suid Gemeente (Elsa Mostert, Bedienings en Bestuur: Kerk-in-Suid, 11.11.2025). Ons is tans in die approbasietydperk en die aanstellingsproses sal voortgaan sodra die approbasie afgehandel is. (Nicolene Beer, voorsitter: DVK: NG Kerk in-Suid, 12.11.2025).

Ter uitvoering van Reglement 12 (6.2) hiermee ’n amptelike kennisgewing van twee beroepe:

Ds André Agenbag, Predikant in Sinodale Diens: Gemeentebegeleiding, Die NG Kerk in Suid-Afrika: Sinode van Wes-Kaap na NG Gemeente Suidoos-Pretoria (NG Stellastraat).

Ds Wouter van Wyk, NG Gemeente Kempton-Kruin na NG Gemeente Suidoos-Pretoria (NG Stellastraat). (Prof Malan Nel, kantoorkoördineerder: NG Stellastraat. 12.11.2025).

OOSTELIKE

BEROEP

Geborg

Hiermee bevestig die kerkraad van die NG Gemeente Middelburg dat ds MFR (Marnus) Geyser van Marchand op 2 November 2025 na Middelburg beroep is. (HH Groenewald, saakgelastigde: NG Gemeente Middelburg Tvl, 10.11.2025).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top