Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 05 Desember 2025)

BEROEP

Ds L (Luné) Dorfling van Vorentoe na Upington; ds AJ (Abel) Erasmus van Klerksdorp-Flimieda as diensleraar na Rietbron; dr SJ (Stephan) Naudé van Doornkloof Familiekerk na Kogelberg (Kleinmond).

AANVAAR

Ds GA (André) Agenbag, PSD: Gemeentebegeleiding, Sinode van Wes-Kaapland na Suidoos-Pretoria; ds RA (Rudolph) du Plooy (emeritus) van Reivilo na Schweizer-Reneke; prop M (Marno) Plaisier van Rietfontein-Suid na Durbanville; ds WC (Wouter) van Wyk van Kempton-Kruin na Suidoos-Pretoria.

WES-KAAPLAND

BEROEP

Op ’n buitengewone kerkraadsvergadering wat gehou is op Woensdag 3 Desember 2025, het die kerkraad van die NG Gemeente Kogelberg (Kleinmond) vir dr Stephan Naudé (tans by Doornkloof Familiekerk in Centurion) beroep as tweede voltydse leraar. (Heinrich Carstens, leraar: NG Gemeente Kogelberg, 04.12.2025).

AANVAAR

Prop Marno Plaisier van NG Kerk Rietfontein-Suid in Pretoria, het die beroep na NG Kerk Durbanville aanvaar en sy aanvangsdatum is op 1 Januarie 2026. (Jackie Pretorius, bestuurder:Steundienste; NG Kerk Durbanville, 03.12.2025).

EMERITAAT

Ds Nicolaas Johannes van As van die NG Gemeente Wellington-Oos se Akte van Demissie by emeritaat is op 30 November deur ds Lettie Büchner as voorsitter van die Ring van Swartland aan hom oorhandig. Dit is geldig vanaf 1 Desember 2025. (Johan Crous, skriba: Ring van Swartland, 01.12.2025).

OOS-KAAPLAND

BEROEP

Kennis geskied hiermee dat ds AJ (Abel) Erasmus, diensleraar werksaam te NG Gemeente Flimieda-Klerksdorp, op Woensdag, 3 Desember 2025 beroep is na die NG Gemeente Rietbron in die Ring van Graaff-Reinet, Sinode van Oos-Kaapland. (Kobus Eksteen, leraar: NG Gemeente Rietbron, 04.12.2025).

NOORD-KAAPLAND

BEROEP

Tydens ’n beroepingsvergadering op 1 Desember 2025 is ds Luné Dorfling van NG Gemeente Vorentoe beroep na Upington-Moedergemeente. (Elna Theron, skriba: NG Kerk Upington-Oos, 03.12.2025).

GOUDLAND

AANVAAR

Ds RA (Rudolph) du Plooy (emeritus) van Reivilo het die beroeping aanvaar na NG Moedergemeente Schweizer-Reneke vanaf 1 Januarie 2026. Sy bevestiging en intreepreek vind plaas op 18 Januarie 2026. (Gwen Fourie, skriba: NG Gemeente Schweizer-Reneke, 03.12.2025).

NOORDELIKE

AANVAAR

Ter uitvoering van Reglement 12 (6.2) hiermee ’n opvolg amptelike kennisgewing dat ds André Agenbag, PSD: Gemeentebegeleiding van die Wes-Kaapse Sinode die beroep aanvaar het na die NG Gemeente Suidoos-Pretoria (Stellastraat). (Prof Malan Nel, gemeentebestuurder: NG Gemeente Stellastraat, 28.11.2025).

Ter uitvoering van Reglement 12 (6.2) hiermee ’n opvolg amptelike kennisgewing dat ds Wouter van Wyk van NG Gemeente Kempton-Kruin die beroep na NG Gemeente Suidoos-Pretoria (NG Stellastraat) aanvaar het. (Prof Malan Nel, gemeentebestuurder: NG Gemeente Stellastraat, 03.12.2025).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top