Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Resensie | ’n Gebed vir elke dag van die jaar

Gebedsboek vir tye wat tel saamgestel deur Dewald Hoffmann

Uitgewer: Bybelkor, 2025

Resensent: Rethie van Niekerk

Wat ’n heerlike geskenk het Dewald Hoffmann nie met die Gebedsboek vir ons gegee nie – ’n versameling van gebede uit die jarelange Woord en Fees-projek.

Die gebede is opgedeel volgens die kerkjaar, met ’n kort inleiding oor die betekenis en simboliek van elke seisoen. Daar is sowaar ’n gebed vir elke dag van die jaar.

Hierdie is ’n waardevolle hulpmiddel vir elke liturg, maar ook ’n skat vir gelowiges wat gebede wil lees, bid en bedink. Vir die eerste keer sê ek in ’n resensie dankie aan die samesteller en uitgewer vir hierdie kosbare bron wat op so ’n toeganklike wyse beskikbaar gestel is.

Beskikbaar by Bybelmedia.

Ds Rethie van Niekerk is predikant by die NG Kerk Driehoek in Vanderbijlpark.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top