“Suid-Afrika ervaar tans een van die ergste bek-en-klouseer-uitbrekings in die (land se) geskiedenis … die omvang van die krisis (raak)… op vele terreine vir boere, tussengangers en verbruikers. Van die kerk se kant moet ons bedag wees op hierdie stand van sake”.
Só skryf ds Hennie van der Linde van die Hervormde Kerk van Afrika in die 12 Februarie-uitgawe van hulle e-nuusbrief, Blitspos. Hy vra dat gemeentes boere sal ondersteun met gebed en “elke denkbare middel tot ons beskikking” (volledige brief onder).
- Kerkbode het die brief raak gesien in Grens.Pos no 5 van 13 Februarie 2026, die sinodale nuusbrief van die NG Kerk in Oos-Kaapland.
Geborg
