Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Van die kantlyn | Oor wat wag vir die eerste sonstrale op Paassondag my geleer het

Geborg

Hierdie is 'n rubriek. Die opinies van skrywer weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Wat is so belangrik aan Paasfees? Iemand vra my nou die dag hierdie vraag en ek stop myself om die Sondagskoolantwoorde te gee.

Dit is ’n goeie vraag om by stil te staan, want ek onthou as kind my eie gemengde gevoelens oor Paasnaweek. Nie oor ek die gebeure betwyfel het nie, maar omdat ek die dieper betekenis nog nie verstaan het nie.

Luister ook: Podsending: ‘Die droogte het ons gemaak wie ons is’ – paartjie uit die Karoo deel hoe swaarkry hulle gevorm het

Ek was jaloers op my beste vriendin vir wie Paasnaweek elke jaar ’n lekker langnaweek by die see was. Ons gesin het tuisgebly en kerk toe gegaan op Goeie Vrydag. Die erediens, somber met weemoedige gesange. Teetyd daarna se vars Paasbolletjies met botter op was darem lekker. Ek en my pa het eenkeer ’n fliek oor Jesus se lewe gekyk (ek dink dit was dalk die 1979 een, “The Jesus Film”). Die geseling en kruisiging was vir my verskriklik. “Hoekom gil Jesus so?” het ek my pa gevra.

Saterdag was hierdie vreemde hartseer dag, want ons onthou Jesus in die graf.

Maar dan kom Sondag. Dis of almal se gemoed lig. By die kerk groet mense mekaar met “Die Heer het waarlik opgestaan!” Ons sing “Ons hoor die Paasfeesklokke, hul lui van vroegdag af!”

Ek het eers jare later die kosbare diepte van die Paasgebeure begin begryp. ’n Paar dinge het hiermee gehelp.

Toe ek en my man op die Weskus gebly het, het ons dikwels vroeg op Paassondag, as dit nog donker is, aangesluit by ’n groepie wat in stilte die sonsopkoms ingewag het buite op ’n massiewe rots.

Toe ek en my man op die Weskus gebly het, het ons dikwels vroeg op Paassondag, as dit nog donker is, aangesluit by ’n groepie wat in stilte die sonsopkoms ingewag het buite op ’n massiewe rots. Op Vredenburg het almal gepraat van die “Jesus-klip” want JESUS was groot op die rotswand geverf. Sodra die son se blink rand sigbaar word, het die NG dominee ’n paar verse gelees, gebid en soms het almal ’n lied gesing.

Een oggend was daar net koue wind en wolke. Al gryser en ligter het die lug word. Ons het geweet die son was daar al kon ons dit nie sien nie.

Ek het toe al meer ervaring gehad van die donker wat in die wêreld, in mense, ook in my is. Meer as enige preek het daardie koue, donker oggende van wag op die lig vir my help tuisbring hoe nodig ek die hele Paasverhaal het. Goeie Vrydag, Stil Saterdag en Paassondag.

Luister ook: Kollig-podsending | Oor ‘getuienis’ agter die stuurwiel + ’n gebedsgids vir Paastyd – Gesprek met Nioma Venter en ander

In hierdie tyd het ek ’n boek gelees deur die Amerikaanse skrywer Lee Strobel. Hy is vandag ’n bekende spreker en skrywer van Christelike boeke, maar was lank skepties oor God en geloof. Soos hy skryf in The case for Christ, “to me there was far too much evidence that God was merely a product of wishful thinking, of ancient mythology, of primitive superstition”.

Jesus was ’n “revolutionary, a sage, an iconoclastic Jew” (iemand wat die godsdienstige sieninge van sy tyd uitgedaag het). Strobel het vas geglo Jesus het nooit aan Homself as God gedink nie – hy kon baie professors aanhaal wat dit bevestig.

Toe word sy vrou ’n Christen. Hy het toe gewerk by ’n stadskoerant as ondersoekende joernalis. In die 2017-film met die gelyknamige titel as sy boek pla die veranderinge wat hy by sy vrou sien hom geweldig. Toe besluit hy om ’n indiepte ondersoek te doen of Jesus werklik uit die dood opgestaan het.

Die opstanding staan immers sentraal tot die Christengeloof. Soos dr Gary Habermas, een van die kundiges met wie Lee, as deel van sy ondersoek, ’n onderhoud gevoer het, dit vir hom verduidelik het: “If the resurrection of Jesus didn’t happen, it’s [i.e., the Christian faith] a house of cards.”

Lee skryf hy het, teen die tyd dat hy by hierdie kenner van en skrywer oor die Nuwe Testament uitgekom het, al onderhoude met heelwat teoloë gevoer. Hy het toe al ’n klomp goeie apologetiese argumente gehoor. Daarom het Habermas se reaksie op sy laaste vraag hom verras. Lee het hom gevra waarom die opstanding saak maak.

Lees ook: Cas Wepener: Watter Rituele Choreografeer Jou Lewe?

Hy vertel weg was die debatvoerder. Weg die aanhaal van teoloë en teksverse. In plaas van ’n argument bou, het Habermas diep gesug. Oor sy grys baard gevryf. Hy het vir Lee vertel hoe swaar dit vir hom was toe sy vrou in 1995 sterwend was aan kanker. Habermas (nou reeds 75 jaar oud) het gesê hy was vol hoekoms hieroor vir God. Hy het vir Lee vertel in hierdie aaklige emosionele tyd het Jesus se opstanding sy troos geword …

“Losing my wife was the most painful experience I’ve ever had to face, but if the Resurrection could get me through that, it can get me through anything,” het Habermas gesê.

Dan skryf Lee: “Habermas locked eyes with mine. “That’s not some sermon,” he said quietly. “I believe that with all my heart. If there’s a resurrection, there’s a heaven. If Jesus was raised, Debbie was raised. And I will be someday, too … then I’ll see them both”.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top