Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dominee se pleidooi

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ds Christo Nel van NG Kerk Jubilaté in Benoni skryf per e-pos:

Ek het onderstaande geskryf nadat ek gevra is om die begrafnis van Johanco Fleischman waar te neem wat so sinne­loos saam met sy meisie Jessica Kuhn vermoor is nadat hulle sonder diesel op die N12 gaan staan het by Benoni – 26 Mei 2019. Net ná die begrafnisdiens kry ek ’n oproep van een van my lidmate en groot vriend Timpo Dorfling wie se ouers in Dealesville vermoor is. Timpo se moeder was Monica Deniacos, ’n DA-raadslid.

“Vir die Here is die dood van sy troue die­naars geen geringe saak nie” – Psalm 116:16.

Mnr Cyril Ramaphosa, President van almal – in Suid-Afrika …

  • Hoor ons vandag … ons – jou mense word uitgemoor.
  • Ons word vermoor in ons plakkers­kampe en in ons shacks,
  • Ons word vermoor in ons huise en in ons skole,
  • Ons word vermoor op ons plase en op ons kleinhoewes,
  • Ons word vermoor in ons motors en langs ons snelweë,
  • Ons word vermoor helder oordag en in die middel van die nag,
  • Ons word vermoor in ons reënboog-velle van swart, wit en bruin.

Ons word vermoor deur: bendes, tsotsi’s, zama-zama’s, dwelmsmouse, krimi­nele, barbare, tuinwerkers, werkgewers, vreemdelinge, politici en familielede.

Ons word vermoor, Mnr die president, en niemand gee om nie. Niemand respekteer jou mense se reg om te lewe nie.

Dit is oorlog! Ontplooi die weermag, ontplooi die lugmag, ontplooi die taak­mag. Die oorlog is nie op ons grense nie, ons word van binne uitge­moor.

Meer as 20 300 sinnelose moorde per jaar. Hierdie uitmoording is nie ’n ge­ringe saak nie.

Toon leierskap, Mnr Ramaphosa, ons wil saam met jou hierdie moorde stop en Suid-Afrika laat werk.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top