Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Droogte: Studiefonds vir boere se kinders

Die Keimoes- en Neilersdrift-gemeentes in Noord-Kaapland het ’n fonds gestig om boere te help met hulle kinders se agterstallige skool- koshuis en universiteitsgelde.

“Dit is ons hartsmense wat nie meer hulle kinders se skoolfonds en stu­diegeld kan bekostig nie,” het ds Renier Lourens van die NG gemeente Neilersdrift onlangs aan eNuus Noord-Kaapland, die sinode van Noord-Kaapland se elektroniese nuus­brief, gesê.

Daar is selfs ’n moontlikheid dat studente nie hulle grade sal ontvang alvorens hulle nie hulle universiteits- of ander tersiêre instansies se gelde betaal nie, berig eNuus Noord-Kaapland.

Dr Kobus Conradie van die NG gemeente Keimoes het gesê dié wete het hulle laat besef hulle moet iets doen.

So is ’n Studente Droogtehulp-fonds (SDHF) deur Keimoes en Nei­lersdrift geskep.

Hierdie fonds, asook die aansoeke om hulp, word bestuur deur ’n kommissie wat vanuit die twee gemeentes saamgestel is en wat met aansoekers se plaaslike gemeentes skakel, volgens Lourens en Conradie.

Die fondsbesonderhede is: NG Kerk Keimoes SDHF, Standard Bank, Keimoes, 408230045 en 051001(takkode).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top