Universiteit van die Vrystaat
LEES OOK: Universiteit van Pretoria se proponente
LEES OOK: Universiteit Stellenbosch se proponente
Adrie Els is op 9 Junie 1996 op Virginia in die Vrystaat gebore. Sy het aan Hoërskool Hentie Cilliërs in 2014 gematrikuleer en in 2018 die graad BTh aan UV behaal. Adrie voltooi in 2019 haar MDiv-graad met die skripsietitel: “Evangelisasie vir ons tydgees met verwysing na sosiale media.” Sy het haar gemeentejaar by NG gemeente Pellissier in Bloemfontein onder die leiding van di Charles James, Rikus Hatting en Francois Lamprecht gedoen. Haar belangstelling in die bediening kom vanaf haar roeping om te getuig van die hoop wat in haar leef en te fokus op Skrifgetroue prediking. Adrie het ’n passie vir die Here, sy koninkryk en kerk en wil hierdeur spesifiek fokus om mense te inspireer, mobiliseer en te ondersteun. Sy sien daarna uit om veral met jongmense en gesinne te werk en om saam met elkeen deur verskeie lewensfases te groei.
- 072 414 8465
- elsadrie@gmail.com
LEES OOK: Universiteit Stellenbosch se proponente
Jan Christoffel (JC) Els is op 14 Februarie 1996 te Bloemfontein, Vrystaat, gebore. JC het aan Hoërskool Witteberg in 2014 gematrikuleer. Hy behaal die graad BTh in 2018 en aan die einde van 2019 sy MDiv-graad. Sy skripsie se titel was: “Die Triniteit en perichorese (die onderlinge verband van die Persone van die Drie-eenheid): Praktiese implikasies.” Hy het sy gemeentejaar by NG gemeente Bainsvlei onder die leiding van ds Cobus Hamman voltooi. Hy is geroep om in die diens van Jesus Christus te staan en wat die belangrikste rede vir sy aanmelding vir die bediening is. Hy is ’n boerseun wat lief is vir die natuur en leef daagliks uit genade en in dankbaarheid vol verwondering vir die handewerk van sy Skepper vir Wie hy baie lief is. JC beskou homself as ’n eerlike en positiewe jongman. Opregtheid en hardwerkendheid is vir hom belangrike waardes. JC beleef sterk empatie teenoor sy medemens in nood en as ’n ekstrovert vind hy sy energie in mense. Dit is vir hom ’n passie om met mense te werk en hy ervaar sy roeping deur aktief in die gemeenskap betrokke te wees.
- 071 531 3235
- jc.els444@gmail.com
LEES OOK: Universiteit van Pretoria se proponente
Charné Viljoen is op 4 Maart 1995 te Bloemfontein in die Vrystaat gebore. Sy het aan Hoër C&N Meisieskool Oranje in 2013 gematrikuleer. Aan die UV behaal sy die graad BTh in 2018 en aan die einde van 2019 haar MDiv-graad. Haar skripsie se titel was “Trauma? Verkennende prakties-teologiese perspektiewe vir pastorale betrokkenheid.” Sy het haar gemeentejaar by die NG gemeente Pellissier onder die leiding van di Francois Lamprecht, Charles James en Rikus Hattingh voltooi. Haar belangstelling in die bediening gaan alleenlik vanuit die oortuiging dat sy geroep is om in diens van Christus te staan en te getuig van die hoop wat in haar leef. Daar is verskeie aspekte van die bediening wat haar aandag geniet, waaronder die jeugbediening (kinders en tieners) en pastoraat ’n groot liefde is. Sy droom graag oor die toekoms.
- 083 294 6640
- charne.mathewson@gmail.com
