Die inperking het predikante gedwing om hulle preke tuis te verfilm en die pastorie het hulle werk- en speelplek geword. En só ook vir die pastoriehonde, katte, voëls en ander troeteldiere. Kerkbode het verlede jaar berig oor ds Jampie Nel, predikant by NG gemeente Oostersee, se kat, Angel, wat die seëngroet tydens ’n preekopname ge-videobomb het. Nou het ds Ghisnene Müller, predikant by NG gemeente Verwoerdpark in Alberton, ’n video op Facebook geplaas waar haar gesin se kokketiel, Max, op die sleutelbord trippel terwyl sy kategesevoorbereiding probeer doen het.
Müller vertel toe sy die rekenaarmuis begin beweeg, het Max erg begin belangstel. “Dit het gelyk asof hy my werk oor kategese op die skerm nagaan,” skerts Müller.

